Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/02 bl. 1
  • Verkondig die Koninkryksboodskap

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verkondig die Koninkryksboodskap
  • Ons Koninkryksbediening—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Die waarheid oor die Koninkryk van God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2020
  • God se koninkryk heers
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
  • ’n Koninkryk “wat nooit vernietig sal word nie”
    Aanbid die enigste ware God
  • Die boodskap wat ons moet verkondig
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2002
km 12/02 bl. 1

Verkondig die Koninkryksboodskap

1 “Ek [moet] die goeie nuus van die koninkryk van God bekend maak, want hiervoor is ek uitgestuur” (Luk. 4:43). Met hierdie woorde het Jesus die tema van sy bediening geïdentifiseer—God se Koninkryk. Die boodskap wat ons vandag verkondig, draai ook om die Koninkryk, soos in Matteus 24:14 voorspel is: “Hierdie goeie nuus van die koninkryk sal in die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.” Watter waarhede oor God se Koninkryk moet mense hoor?

2 God se Koninkryk heers nou vanuit die hemel en sal binnekort alle menseheerskappy vervang. Die Duiwel is reeds uit die hemel gewerp, en die laaste dae van die huidige goddelose stelsel van dinge het aangebreek (Op. 12:10, 12). Satan se goddelose ou stelsel gaan heeltemal vernietig word, maar God se Koninkryk sal nie geskud word nie. Dit gaan vir ewig bestaan.—Dan. 2:44; Heb. 12:28.

3 Die Koninkryk sal die heilsame begeertes van alle gehoorsame mense bevredig. Dit sal lyding weens oorlog, misdaad, onderdrukking en armoede verlig (Ps. 46:8, 9; 72:12-14). ’n Oorvloed kos sal vir almal beskikbaar wees (Ps. 72:16; Jes. 25:6). Siektes en liggaamsgebreke sal net ’n vae herinnering wees (Jes. 33:24; 35:5, 6). Namate die mensdom volmaak word, sal die aarde in ’n paradys verander word, en mense sal eensgesind saamwoon.—Jes. 11:6-9.

4 Ons toon dat ons onderdane van God se Koninkryk wil wees deur die manier waarop ons nou lewe. Die Koninkryksboodskap moet ’n invloed hê op ons hele lewe, insluitende ons doelwitte en prioriteite. Hoewel ons byvoorbeeld ’n verpligting het om vir ons huisgesin te sorg, kan ons nie toelaat dat materiële sorge Koninkryksbelange verstik nie (Matt. 13:22; 1 Tim. 5:8). Ons moet eerder gehoor gee aan Jesus se vermaning: “Hou dan aan om eers die koninkryk en sy regverdigheid te soek, en al hierdie ander dinge [die lewe se materiële noodsaaklikhede] sal vir julle bygevoeg word.”—Matt. 6:33.

5 Dit is dringend dat mense die Koninkryksboodskap hoor en daarvolgens optree terwyl daar nog tyd is. Mag ons hulle help om dit te doen deur “oorredingskrag [te] gebruik . . . aangaande die koninkryk van God”.—Hand. 19:8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel