Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/02 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2002
Ons Koninkryksbediening—2002
km 1/02 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Januarie: Die geheim van gesinsgeluk of Die mensdom se soeke na God. Februarie: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? of Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei. ’n Spesiale poging sal aangewend word om tuisbybelstudies te begin. April: Die Wagtoring en Ontwaak! Bied die Vereis-brosjure aan met die doel om Bybelstudies te begin.

◼ Alle gedoopte verkondigers wat die week van 14 Januarie by die Diensvergadering is, kan die “Advance Medical Directive/Release”-kaart vir hulleself en die “Identity Card” vir hulle kinders kry.

◼ “Hoe om veiligheid te vind in ’n gevaarlike wêreld” is die tema van die nuwe openbare toespraak wat kringopsieners vanaf Februarie, en nie later as 3 Maart nie, sal hou.

◼ Gemeentes moet geskikte reëlings tref om die Gedenkmaal vanjaar op Donderdag, 28 Maart, ná sononder te vier. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet daar eers ná sononder begin word om die embleme om te stuur. Doen by plaaslike bronne navraag om te bepaal hoe laat sononder in julle omgewing sal wees. Hoewel dit verkieslik is dat elke gemeente sy eie Gedenkmaalviering hou, is dit miskien nie altyd moontlik nie. As ’n paar gemeentes gewoonlik dieselfde Koninkryksaal gebruik, kan een of meer gemeentes miskien ander fasiliteite vir daardie aand gebruik. Ons wil voorstel dat daar, indien moontlik, ten minste 40 minute tussen programme gelaat word sodat almal ten volle by die geleentheid baat kan vind en daar tyd sal wees om besoekers te ontmoet en nuwe belangstellendes aan te moedig. Daar moet aandag geskenk word aan verkeers- en parkeerprobleme, asook die feit dat passasiers op- en afgelaai moet word. Die liggaam van ouer manne moet besluit watter reëlings plaaslik die beste sal werk.

◼ Wanneer die presiderende opsiener elke maand die Gemeentelike Staat ontvang, moet hy toesien dat alle erkennings van bydraes tot die Genootskap-Koninkryksaalfonds en vir die wêreldwye werk saam met die volgende rekeningverslag aan die gemeente gelees word.

◼ Die Ontwaak! in Cibemba word van ’n maandelikse na ’n kwartaallikse uitgawe verander.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Apply Yourself to Reading and Writing—Suid-Sotho, Xhosa

Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif—Chinees, Chinees (vereenvoudig)

◼ Nuwe videokassette beskikbaar:

Die grootste mens wat nog geleef het—op videokasset, Deel 4—Amerikaanse Gebaretaal

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel