Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir November: Wat vereis God van ons? of Kennis wat tot die ewige lewe lei. Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Januarie: Die geheim van gesinsgeluk of Die mensdom se soeke na God. Februarie: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? of Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Desember of so gou moontlik daarna ouditeer. Wanneer dit gedoen is, moet julle dit in die gemeente aankondig nadat die volgende rekeningverslag gelees is.
◼ Die presiderende opsiener moet die Unassigned Territory Assignment-verslag (S-91), die gebiedskaart en enige interessante ondervindinge voor 19 November 2001 na die takkantoor stuur. Maak seker dat die regte posgeld vir die groot koevert betaal word.
◼ Gemeentes moet saam met hulle lektuuraanvraag vir November gedenkmaaluitnodigings vir 2002 begin aanvra. Die uitnodigings is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Frans, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa en Zulu. Veelvoude van 100 per taal moet aangevra word. Vra die uitnodigings asseblief oordeelkundig aan, aangesien dit slegs vir belangstellendes bedoel is, en nie vir algemene verspreiding nie.
◼ Gemeentes moet die 2002 Yearbook of Jehovah’s Witnesses saam met hulle lektuur vir November begin aanvra. Die jaarboek sal beskikbaar wees in Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Portugees, Spaans, Suid-Sotho, Tsonga, Xhosa en Zulu. Totdat die jaarboek beskikbaar is en versend word, wat gewoonlik in April is, sal dit as “Pending” op die gemeentelike paklyste verskyn. Jaarboeke is spesiaal aangevraagde items, wat beteken dat dit slegs deur die gemeente aangevra moet word wanneer broers dit spesifiek aanvra; die lektuurkneg kan nie ’n groot voorraad namens die gemeente bestel nie. ’n Noukeurige rekord moet dus gehou word van almal wat hierdie item aanvra. (Sien Wagtoring-gids vir lektuuraanvrae, Deel 3.) Gesinshoofde sal dalk vind dat dit voldoende is om een jaarboek per gesin aan te vra.
◼ Die Ontwaak! in Zulu sal vanaf 8 Januarie 2002 ’n maandelikse tydskrif wees. Gemeentes moet asseblief hulle aanvraag vir gemeentelike tydskrifte aanpas deur ’n nuwe “Gemeentelike aanvraag om tydskrifte/Ons Koninkryksbediening” (M-202) in te stuur.
◼ Die Wagtoring in groot druk is nou in Swahili beskikbaar.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Wil jy graag die Bybel beter leer ken? (Traktaat Nr. 26)—Afrikaans, Chichewa, Cibemba, Engels, Portugees, Sepedi, Shona, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu
◼ Nuwe videokassette beskikbaar:
Noah—He Walked With God—Portugees
Die grootste mens wat nog geleef het—op videokasset, Deel 3—Amerikaanse Gebaretaal