Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! November: Wat vereis God van ons? of Kennis wat tot die ewige lewe lei. Gemeentes wat die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in voorraad het, kan dit ook aanbied. Desember: Die grootste mens wat nog geleef het.
◼ Die ouer manne word daaraan herinner om die instruksies op bladsye 21-3 in Die Wagtoring van 15 April 1991 deur te voer in verband met enige uitgesette of gedissosieerde persoon wat dalk herstel wil word.
◼ Die takkantoor stuur nie lektuur aan individuele verkondigers wat lektuur aanvra nie. Die presiderende opsiener moet reël dat daar elke maand ’n aankondiging gedoen word voor die gemeente se maandelikse lektuuraanvraag na die takkantoor gestuur word sodat almal wat persoonlike lektuuritems wil hê, die lektuurkneg in kennis kan stel. Hou asseblief in gedagte watter publikasies spesiaal aangevraagde items is.
◼ Gemeentes moet die Jehovah se Getuies se kalender vir 2002 saam met hulle lektuuraanvraag vir September begin aanvra. Die kalenders sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chichewa, Cibemba, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Shona, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu. Totdat hierdie kalenders beskikbaar is en versend word, sal dit as “Pending” op gemeentelike paklyste verskyn. Dit is ’n spesiaal aangevraagde item en moet slegs vir dié verkondigers aangevra word wat spesifiek daarvoor gevra het. (Sien Wagtoring-gids vir lektuuraanvrae, Deel 3.)
◼ Die Bethelhuis en -fabriek sal op Saterdag, 13 Oktober 2001, vir skoonmaakwerk gesluit wees. Daar sal geen reëlings vir toere op daardie dag wees nie.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Watch Tower Publications Index 1986-2000—Engels
◼ Nuwe videokassette beskikbaar:
Die grootste mens wat nog geleef het—op videokasset, Deel 1—Amerikaanse Gebaretaal