Julle is “’n teaterskouspel”!
1 Die apostel Paulus het geskryf: “Ons het ’n teaterskouspel geword vir die wêreld en vir engele en vir mense” (1 Kor. 4:9). Wat beteken dit, en hoe moet dit ons vandag in ons bediening raak?
2 Die uitdrukking “’n teaterskouspel” het ’n Korintiër waarskynlik laat dink aan wat aan die einde van ’n Romeinse gladiatorgeveg gebeur het wanneer veroordeelde mense voor duisende toeskouers gebring is voordat hulle wreed vermoor is. ’n Groot gehoor—mense sowel as engele—het eweneens die lyding gesien waaraan die eerste-eeuse Christene onderwerp is omdat hulle van die Koninkryk getuig het (Heb. 10:32, 33). Hulle weg van onkreukbaarheid het meer as net ’n paar toeskouers geraak, net soos ons volharding in die hedendaagse arena doen. Vir wie is ons ’n skouspel?
3 Vir die wêreld en vir mense: Partykeer publiseer die media berigte oor die bedrywighede van Jehovah se volk. Hoewel ons goeie berigte waardeer wat feitelik en regverdig is wanneer dit ons werk bespreek, verwag ons ook dat slegte berigte van tyd tot tyd versprei sal word deur mense wat ons wil belaster. Ons moet nietemin voortgaan om ons as God se bedienaars aan te beveel “deur middel van slegte berig en goeie berig” (2 Kor. 6:4, 8). Vir waarnemers wat opreg van hart is, word dit duidelik dat ons die ware dissipels van Jesus Christus is.
4 Vir engele: Geesskepsele sien ons ook. Die Duiwel en sy demone hou mense dop—maar met “groot toorn”, aangesien hulle “die werk . . . om van Jesus te getuig”, probeer stopsit (Op. 12:9, 12, 17). Getroue engele van God hou mense dop en verheug hulle wanneer selfs een sondaar berou het (Luk. 15:10). Dit behoort ons te versterk om te weet dat die engele ons bediening beskou as die dringendste, voordeligste werk wat vandag op die aarde gedoen word!—Op. 14:6, 7.
5 Wanneer jy teenstand ondervind of dink dat jy nie resultate in jou bediening kry nie, moet jy onthou dat jy die middelpunt van universele belangstelling is. Jou getroue volharding spreek boekdele. Uiteindelik sal jou ‘voortreflike stryd van geloof’ jou in staat stel om ‘’n stewige houvas op die ewige lewe te kry’.—1 Tim. 6:12.