Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! Vanaf 16 Oktober sal Koninkryksnuus Nr. 36, “Die nuwe millennium—Wat hou die toekoms vir jou in?”, versprei word. November: Die verspreiding van Koninkryksnuus Nr. 36 sal voortgesit word. Gemeentes wat hulle gebied gedek het deur ’n eksemplaar van Koninkryksnuus Nr. 36 by huisbewoners in elke huis of woning te laat, kan die Vereis-brosjure of die Kennis-boek aanbied. As mense dit reeds het, kan die Skepping-boek gebruik word. Desember: Kennis wat tot die ewige lewe lei saam met die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte. Januarie: Die geheim van gesinsgeluk of Die mensdom se soeke na God.
◼ Die “Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 2001” is ingesluit in hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening en moet gehou word sodat daar gedurende 2001 deurgaans daarna verwys kan word.
◼ As julle gemeente se vergaderingtye op 1 Januarie gaan verander, moet die gemeentelike sekretaris die Genootskap in kennis stel van die veranderinge deur ’n Congregation Meeting Information-vorm (S-5) in te stuur. Indien nodig, kan ’n nuwe voorraad strooibiljette bestel word deur ’n Handbill Request-vorm (S(d)-16) in te stuur. Strooibiljette moet aangevra word ten minste agt weke voordat julle dit gaan nodig hê.
◼ Vanaf die week van 5 Februarie 2001 sal die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? by die Gemeentelike Boekstudie bestudeer word. Gemeentes wat ’n voorraad van hierdie boeke nodig het, moet dit met hulle volgende maandelikse lektuuraanvraag bestel. Boekies met die vrae vir die Skepper-boek moet ook aangevra word. Boekies sal beskikbaar wees in Afrikaans, Engels en Portugees. Totdat hierdie boekies beskikbaar is en versend word, sal hulle as “Pending” op gemeentelike paklyste verskyn.
◼ Gemeentes moet die 2001-jaarteks saam met hulle lektuur vir Oktober begin aanvra. Hierdie item kos R22,00 elk en die bedrag sal op julle maandelikse staat verskyn. Wanneer julle die betaling instuur, moet julle die “Oorbetaling van bydraes”-vorm (S(d)-20) gebruik en “Jaarteks” as ’n item op ’n aparte reël aanbring. Die jaarteks sal in Afrikaans, Engels, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar wees. Gemeentes mag slegs een jaarteks per taal aanvra. Ons stel voor dat die nuwe jaarteks teen 1 Januarie 2001 in alle gemeentes vertoon moet word.
◼ Gemeentes moet Ondersoek die Skrif elke dag—2001 saam met hulle lektuur vir Oktober begin aanvra. Die boekies sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chichewa, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Kwanyama, Pools, Sepedi, Shona, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zulu. Totdat hierdie boekies beskikbaar is en versend word, sal hulle as “Pending” op gemeentelike paklyste verskyn. Die Ondersoek die Skrif-boekies is spesiaal aangevraagde items, wat beteken dat hulle slegs deur die gemeente aangevra moet word wanneer broers spesifiek daarvoor vra; die lektuurkneg kan nie ’n groot voorraad namens die gemeente bestel nie. ’n Noukeurige rekord moet dus gehou word van almal wat hierdie item aanvra. (Sien Wagtoring-gids vir lektuuraanvrae, Deel 3.)
◼ Die presiderende opsiener moet voor 16 November 2000 die Unassigned Territory Assignment-verslag (S-91) aan die Genootskap stuur, asook enige interessante ondervindinge. Maak seker dat die regte posgeld vir die groot koevert betaal word.
◼ Die Bethelhuis en -fabriek sal op Saterdag, 14 Oktober 2000, vir skoonmaakwerk gesluit wees. Daar sal geen reëlings vir toere op daardie dag wees nie.