Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/00 bl. 1
  • Ander maak staat op jou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ander maak staat op jou
  • Ons Koninkryksbediening—2000
Ons Koninkryksbediening—2000
km 10/00 bl. 1

Ander maak staat op jou

1 “Die oog kan nie vir die hand sê: ‘Ek het jou nie nodig nie.’” As hy sou, wat sal die oog teen gevare beskerm? Op hierdie manier het die apostel Paulus die menslike liggaam met sy verskillende lede gebruik om die feit toe te lig dat ons almal in die gemeente onderling afhanklik van mekaar is. Hy het selfs geskryf dat “dié lede van die liggaam wat swakker lyk nodig is”. Ja, ons maak op ander staat en ander maak op ons staat; ons het “dieselfde sorg vir mekaar”, want “ons is lede wat aan mekaar behoort” (1 Kor. 12:21-27; Ef. 4:25). Dink aan van die maniere waarop jou bedrywighede ander raak.

2 In die gesin: ’n Man en vrou versterk mekaar deur die geloof, vasberadenheid en ywer wat hulle openbaar om hulle geestelike doelwitte op die voorgrond te hou. So ook kan die gesindheid en die voorbeeld van ouers ’n groot invloed uitoefen op hoe hulle kinders die bediening en Christelike vergaderinge beskou en hoe hulle daaraan deelneem.—Jos. 24:15.

3 In die bediening: Die entoesiasme waarmee jy die goeie nuus van die Koninkryk verkondig, moedig medeverkondigers aan om hulle in die bediening in te span. Jou voorbeeld beteken baie, en so ook die persoonlike hulp wat jy ander gee om aan die diens deel te neem (2 Tess. 3:9). Die pioniers waardeer beslis enige ondersteuning wat jy hulle in hulle bediening kan gee. Die belangstellendes wat jy in die veld ontmoet, verwag natuurlik dat jy sal terugkom en hulle sal help om die weg na die lewe te vind. Jy wil hulle nie teleurstel nie.

4 In die gemeente: Jou teenwoordigheid by gemeentelike vergaderinge en deelname daaraan is vir jou broers en susters ’n bron van ware bemoediging. As jy nie daar is nie, is jy nie die enigste een wat ’n verlies ly nie. Ander kan nie by jou teenwoordigheid by die vergaderinge baat vind nie. Die ouer manne maak beslis op jou staat, net soos jy op hulle staatmaak. Jou positiewe gesindheid en gewillige ondersteuning help hulle om as herders oor die kudde toesig te hou.

5 Laat ons deur woord en daad ‘mekaar tot liefde en voortreflike werke aanspoor’ (Heb. 10:24). Jehovah sal ons seën vir ons betroubaarheid en getrouheid.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel