Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Januarie: Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte saam met die boek Die grootste mens wat nog geleef het of saam met Die mensdom se soeke na God. (Engels: Die grootste mens wat nog geleef het of Die mensdom se soeke na God.) Februarie: Die geheim van gesinsgeluk. Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei. ’n Spesiale poging sal aangewend word om tuisbybelstudies te begin. April: Individuele eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! Hou die Vereis-brosjure byderhand vir belangstellendes en probeer ’n tuisbybelstudie begin.
◼ Alle gedoopte verkondigers wat die week van 31 Januarie by die Diensvergadering is, sal ’n “Advance Medical Directive/Release”-kaart ontvang en hulle kinders ’n “Identity”-kaart.
◼ “Die ware Armageddon—Waarom? Wanneer?” is die tema van die nuwe openbare toespraak wat kringopsieners vanaf Februarie, en nie later as 5 Maart nie, sal hou.
◼ Gemeentes moet geskikte reëlings tref om die Gedenkmaal vanjaar op Woensdag, 19 April, ná sononder te vier. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet daar eers ná sononder begin word om die Gedenkmaalembleme om te stuur. Doen by plaaslike bronne navraag om uit te vind hoe laat sononder in julle omgewing sal wees. Hoewel dit verkieslik is dat elke gemeente sy eie Gedenkmaalviering hou, is dit dalk nie altyd moontlik nie. As ’n paar gemeentes gewoonlik dieselfde Koninkryksaal gebruik, kan een of meer gemeentes dalk ander fasiliteite vir daardie aand gebruik. Ons wil voorstel dat daar, indien moontlik, ten minste 40 minute tussen programme toegelaat word sodat daar tyd sal wees om besoekers te groet, nuwe belangstellendes aan te moedig en ons sodoende ten volle by die geleentheid baat kan vind. Daar moet ook aandag geskenk word aan verkeers- en parkeerprobleme, asook die feit dat passasiers op- en afgelaai moet word. Die liggaam van ouer manne moet besluit watter reëlings plaaslik die beste sal werk.
◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 2000-Gedenkmaalseisoen sal op Sondag, 16 April, gehou word. Die onderwerp van die toespraak sal wees: “Waarom die mensdom ’n losprys nodig het.” ’n Skets sal voorsien word. Gemeentes wat daardie naweek die besoek van die kringopsiener, ’n kringbyeenkoms of ’n spesiale byeenkomsdag het, sal die spesiale toespraak die volgende week hou. Die spesiale toespraak moenie voor 16 April 2000 in enige gemeente gehou word nie.
◼ Aangesien die Bestuursliggaam onlangs gevra het dat ons takkantoor met die organisering van bouprojekte vir takkantore in Afrika help, het ons Ingenieurskantoor ’n dringende behoefte aan ervare broers of susters wat opgelei is as argitekte, boutegnici, elektriese ingenieurs of -tegnici, bou-ingenieurs, struktuurontwerpers, bourekenaars of projekkoördineerders.
◼ Ons spesiale Tydskrifdag sal op 1 April 2000 wees. In die verlede het baie dit geniet om aan die bedrywighede op ons spesiale Tydskrifdag deel te neem. Begin gerus nou al reëlings tref sodat julle vanjaar ’n volle deelname daaraan kan hê. Gemeentes moet spesiale tydskrifbestellings so gou moontlik instuur.
◼ Met die nuwe vereenvoudigde reëling vir lektuurverspreiding wat nou in werking getree het, sal die Genootskap nie meer enige ander Bybels as die Nuwe Wêreld-vertalings in voorraad hou nie. Sodra ons voorraad op is, moet julle dit asseblief by ’n plaaslike handelaar koop as julle een nodig het. Ons wil ook graag almal daaraan herinner dat alle lektuuritems voortaan deur julle gemeente bekom moet word, aangesien die boekekamer by Bethel nou gesluit is.