Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/99 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1999
Ons Koninkryksbediening—1999
km 11/99 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir November: Wat vereis God van ons? teen ’n bydrae van R1,20 of Kennis wat tot die ewige lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die hardebandboek en R3,75 vir die sagtebandboek. Alternatiewe aanbod: Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte teen ’n bydrae van R4,00 of die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R15,00 vir die groot formaat en R7,50 vir die sakformaat. Desember: Kennis wat tot die ewige lei saam met die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte teen ’n bydrae van R9,00 wanneer die hardebandboek aangebied word en R7,75 wanneer die sagtebandboek aangebied word. (Engels: Kennis wat tot die ewige lewe lei saam met die New World Translation of the Holy Scriptures teen ’n bydrae van R25,00 wanneer die hardebandboek aangebied word en R23,75 wanneer die sagtebandboek aangebied word.) Januarie: Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte saam met die boek Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R19,00 of saam met Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R11,50. (Engels: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R15,00 of Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R7,50.) Februarie: Die geheim van gesinsgeluk teen ’n bydra van R5,00 wanneer die hardebandboek aangebied word en R3,75 wanneer die sagtebandboek aangebied word.

◼ Die presiderende opsiener moet voor 15 November 1999 die Unassigned Territory Assignment report (S-91) aan die Genootskap stuur, en daarmee saam enige interessante ondervindinge. Maak asseblief seker dat die regte posgeld vir die groot koevert betaal word.

◼ Gemeentes moet hulle Gedenkmaaluitnodigings vir die jaar 2000 saam met hulle volgende lektuurbestelling begin bestel. Die uitnodigings is in Afrikaans, Engels, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa en Zulu beskikbaar. Bestel asseblief in veelvoude van 100 per taal. Dit kos R1,80 vir 100. Gemeentes met ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening moet kontant saam met hulle bestellings stuur. Bestel asseblief oordeelkundig aangesien dit slegs vir belangstellendes is, en nie vir algemene verspreiding nie.

◼ Die presiderende opsiener moet die Genootskap skakel as hy nie die gemeente se Koninkryksbedienings vir die volgende maand teen die 20ste van die maand ontvang het nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel