Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/99 bl. 1
  • Die predikingswerk onderskei ons van ander

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die predikingswerk onderskei ons van ander
  • Ons Koninkryksbediening—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah se Getuies
    Redenering uit die Skrif
  • So baie gelowe!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Godsdiens
    Redenering uit die Skrif
  • Volg Jesus se ywer vir die predikingswerk na
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1999
km 11/99 bl. 1

Die predikingswerk onderskei ons van ander

1 Baie mense vra: “Wat maak Jehovah se Getuies anders as ander godsdienste?” Wat sal jy daarop antwoord? Jy kan party van ons Bybelse opvattings verduidelik. Maar het jy ook al daaraan gedink om vir hulle te wys hoeveel ons openbare bediening ons van ander godsdienste onderskei?—Matt. 24:14; 28:19, 20.

2 Daar is vandag min godsdienstige mense wat gemotiveerd voel om ander van hulle opvattings te vertel. Hulle dink moontlik dat dit voldoende is om die keiser se wette te gehoorsaam, ’n ordentlike, sedelike lewe te lei of goeie dinge vir ander te doen. Hulle voel egter glad nie verplig om ander te help om te leer wat die Bybel sê oor hoe om redding te verkry nie. Hoe verskil ons van hulle?

3 Ons ywerige bediening vorm ’n skerp teenstelling met die bedrywighede van ander godsdienste. Hedendaagse Getuies verkondig nou al meer as 100 jaar lank die goeie nuus pligsgetrou tot aan die uithoeke van die aarde in navolging van die vroeë Christene. Ons doelwit is om soveel mense as moontlik te help om hulle lewe in ooreenstemming met God se wil te bring.—1 Tim. 2:4; 2 Pet. 3:9.

4 Wat is jou reputasie? Staan jy bekend as ’n ywerige verkondiger van God se Woord? (Hand. 17:2, 3; 18:25). Sien jou bure, weens jou predikingsbedrywighede, duidelik die verskil tussen hulle godsdiens en joune? Staan jy bekend as iemand wat gretig is om ander van jou hoop te vertel? Het jy ’n gereelde roetine om aan die bediening deel te neem? Onthou dat ons ons nie net deur ons naam onderskei nie, maar ook deur te doen wat daardie naam beskryf—om van Jehovah te getuig.—Jes. 43:10, NW.

5 Liefde vir God en vir ons naaste motiveer ons om aan die predikingswerk deel te neem (Matt. 22:37-39). Dit is waarom ons, soos Jesus en die apostels, elke geleentheid wil benut om die Koninkryksboodskap aan ander oor te dra. Mag ons voortgaan om die goeie nuus ywerig te verkondig aan diegene wat bereid is om te luister. Dit sal opregtes van hart help om “die onderskeid [te] sien tussen . . . die wat God dien en die wat Hom nie dien nie”.—Mal. 3:18.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel