Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Oktober: Individuele eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! teen ’n bydrae van R1,00 elk. November: Wat vereis God van ons? teen ’n bydrae van R1,20 of Kennis wat tot die ewige lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die hardebandboek en R3,75 vir die sagtebandboek. Alternatiewe aanbod: Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte teen ’n bydrae van R4,00 of die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R15,00 vir die groot formaat en R7,50 vir die sakformaat. Desember: Kennis wat tot die ewige lei saam met die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte teen ’n bydrae van R9,00 wanneer die hardebandboek aangebied word en R7,75 wanneer die sagtebandboek aangebied word. (Engels: Kennis wat tot die ewige lewe lei saam met die New World Translation of the Holy Scriptures teen ’n bydrae van R25,00 wanneer die hardebandboek aangebied word en R23,75 wanneer die sagtebandboek aangebied word.) Januarie: Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte saam met die boek Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R19,00 of saam met Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R11,50. (Engels: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R15,00 of Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R7,50.)
◼ Die “Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 2000” is ingesluit in hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening en moet gehou word sodat daar gedurende 2000 deurgaans daarna verwys kan word.
◼ As julle gemeente se vergaderingtye vanaf 1 Januarie gaan verander, sal dit dalk nodig wees om ’n nuwe voorraad strooibiljette te bestel om die veranderde vergaderingtye aan te dui.
◼ Gemeentes kan nou die 2000-jaarteks in Afrikaans, Engels, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu teen R16,00 elk bestel. Die koste daarvan sal teen die lektuurrekening gedebiteer word. Gemeentes wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet kontant saam met hulle bestelling stuur. Ons stel voor dat die nuwe jaarteks teen 1 Januarie 2000 in alle gemeentes aangebring word.
◼ Gemeentes moet Ondersoek die Skrif elke dag—2000 van 1 Oktober af saam met hulle gereelde lektuurbestelling begin bestel. Die boekies sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chichewa, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Kwanyama, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zulu. Totdat hierdie boekies beskikbaar is en versend word, sal hulle as “Back Ordered” op gemeentelike fakture verskyn. Die Ondersoek die Skrif-boekie is ’n beheerde item en sal teen die lektuurrekening gedebiteer word teen R2,50 elk, wat die prys vir verkondigers en pioniers is. Gewone en spesiale pioniers wat voor 1 Julie 1999 op die lys was, kan een gratis eksemplaar ontvang.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Apply Yourself to Reading and Writing (gemeente: R5,00; pioniers: R3,75)—Portugees, Tsonga
Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif (bi12; gemeente: R20,00; pioniers: R15,00)—Tsonga