Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/99 bl. 7
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
  • Ons Koninkryksbediening—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Maak seker van die belangriker dinge
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Die nuwe kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1999
km 8/99 bl. 7

Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag

Die program vir die spesiale byeenkomsdag wat in September 1999 begin se tema is: “Ondersoek die diep dinge van God” (1 Kor. 2:10). Watter nuttige dinge sal ons leer?

Baie mense wat na kennis soek, word nie verkwik deur wat hulle vind nie. Die Bybel versterk ons, soos die kringopsiener sal toon in sy deel: “’n Ondersoek van God se Woord bring verkwikking”. Die besoekende spreker sal toon hoe die verkondiging van die goeie nuus verband hou met ’n ondersoek van die diep dinge van God wanneer hy die vraag “Hoe beskou jy die Koninkrykspredikingswerk?” bespreek.

Hoe kan ouers hulle kinders help om diep in God se Woord te delf? Praktiese wenke sal gegee word in die deel “Skerp God se Woord by julle kinders in”. Assosiasie met geestelik volwasse persone in die gemeente het ’n heilsame invloed op Christenjongmense. Voorbeelde van die goeie uitwerking wat dit het, sal toegelig word in die deel “Jongmense wat by ouer persone leer”.

Waarom moet ons nóú ywerig na verborge geestelike skatte soek? Jehovah is ’n Openbaarder van geheime. Die besoekende spreker sal verduidelik wat Jehovah in die ou tyd en in moderne tye geopenbaar het in die toespraak “Jehovah openbaar diep dinge progressief”. Dit sal ons meer vasbeslote maak om aan te hou om ‘die diep dinge van God te ondersoek’.

Beplan reeds nou al om dit by te woon. Diegene wat hulle toewyding aan Jehovah deur doop wil simboliseer, moet die presiderende opsiener so gou moontlik hiervan in kennis stel. Ons opregte begeerte om in God se Woord te delf, sal versterk word deur wat ons gaan hoor. Maak dus seker dat jy by hierdie spesiale dag van geestelike onderrigting teenwoordig is!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel