Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/99 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1999
Ons Koninkryksbediening—1999
km 4/99 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir April en Mei: Individuele eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! Hou Vereis-brosjures byderhand vir belangstellendes en probeer om tuisbybelstudies te begin. Junie: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die hardebandboek en R3,75 vir die sagtebandboek. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan teen ’n bydrae van R1,20 elk aangebied word: Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf, Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? en Wat is die doel van die lewe?—Hoe kan jy dit vind? Die brosjures Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, ’n Boek vir alle mense, Our Problems—Who Will Help Us Solve Them? en Will There Ever Be a World Without War? kan aangebied word waar dit gepas is.

◼ Ons is bly om julle mee te deel dat baie broers hard gewerk het gedurende die ontoegekendegebied-kampanje van 1998. Altesaam 6 376 verkondigers het 61 356 uur daaraan bestee om 27 231 tydskrifte, 7 038 boeke en 21 247 brosjures en boekies te versprei. Hulle het 20 802 herbesoeke gedoen en 618 tuisbybelstudies gehou. Dit is ’n baie goeie rapport, en ons sien met afwagting uit na die 1999-kampanje, wat van Augustus tot Oktober sal wees.

◼ Dit is belangrik dat die Genootskap se rekord van adresse en telefoonnommers van alle presiderende opsieners en sekretarisse op datum bly. As daar op enige stadium ’n verandering is, moet die sekretaris dadelik ’n “Verandering van presiderende opsiener/sekretaris se adres”-vorm (S-29) aan die Genootskap stuur. Dit sluit ook veranderinge in poskodes in.

◼ Gemeentelike sekretarisse moet sorg dat hulle ’n voldoende voorraad van die volgende pioniervorms het: “Aansoek om gewone pionierdiens” (S-205), “Aansoek om hulppionierdiens” (S-205b) en “Kennisgewing van beëindiging van gewone pionierdiens” (S-206). Dit kan op die Literature Order-vorm (S-AB-14) bestel word. Hou voorraad aan vir ten minste ’n jaar. Gaan die aansoekvorm vir gewone pionierdiens na om seker te maak dat dit volledig ingevul is. As dié wat aansoek doen nie die presiese datum van hulle doop kan onthou nie, moet hulle die datum skat en ’n aantekening daarvan maak.

◼ Gedurende die laaste diensjaar het die Streekboukomitees 37 gemeentes met die bou van hulle Koninkryksale gehelp. Daar is egter nog ongeveer 280 Koninkryksale nodig, veral in die Pietersburg-omgewing, asook in Lesotho en Swaziland. Ons doen dus ’n beroep op diegene wat die een of ander bouvaardigheid het en wat bereid is om in hierdie gebiede te help om dit op skrif te stel en vir hulle Gemeentelike Dienskomitee te gee. Hulle sal hulle kommentare byvoeg en dit so gou as moontlik aan die Genootskap stuur. Julle bereidwilligheid om te help, sal die Genootskap help om die uitdaging die hoof te bied om Koninkryksale wat so dringend nodig is te bou.

◼ Gemeentes moet die bundels van Die Wagtoring en Ontwaak! vir 1998 begin bestel. Die bundels sal in Engels, Duits en Portugees beskikbaar wees. As julle gemeente ’n lektuurrekening by die Genootskap het, moet julle nie geld saam met julle bestellings stuur nie. Die gemeente se lektuurrekening sal daarmee gedebiteer word. Totdat die bundels beskikbaar is en versend word, sal dit op die gemeente se fakture as “Back Ordered” verskyn. Gemeentes wie se lektuurrekening ’n nadelige saldo toon, moet geld saam met hulle bestellings stuur. Die bundels is beheerde items en sal R30,00 elk vir die gemeente en pioniers wees.

◼ LET WEL: In die lig van die hoë misdaadsyfer moet alle liggame van ouer manne redelike voorsorg tref sodat die broers en susters veilig sal wees wanneer hulle vergaderinge by die Koninkryksaal sowel as die boekstudie bywoon. (Sien Die Wagtoring van 15 Desember 1998, bladsye 21-5.)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel