Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/99 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1999
Ons Koninkryksbediening—1999
km 2/99 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Februarie: Die geheim van gesinsgeluk teen ’n bydrae van R5,00 vir die hardebandboek en R3,75 vir die sagtebandboek, of enige ouer boek met 192 bladsye wat julle in voorraad het teen ’n bydrae van R1,00. Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die hardebandboek en R3,75 vir die sagtebandboek, of enige ouer boek met 192 bladsye wat julle in voorraad het teen ’n bydrae van R1,00. ’n Spesiale poging sal aangewend word om tuisbybelstudies met die Kennis-boek te begin. April en Mei: Individuele eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! Hou Vereis-brosjures byderhand vir belangstellendes en probeer om tuisbybelstudies te begin.

◼ Vanaf die week wat begin met 22 Maart 1999 sal die boek Die grootste mens wat nog geleef het by die Gemeentelike Boekstudie bestudeer word. Hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening bevat die volledige studierooster. Julle kan ’n afskrif daarvan maak en dit in julle persoonlike eksemplaar van die boek sit sodat dit byderhand is. Riglyne oor hoe die inleiding van die boek bespreek moet word, word uiteengesit in paragraaf 5 van die artikel “’n Studie van Die grootste mens wat nog geleef het” op bladsy 1 van Ons Koninkryksbediening vir September 1992.

◼ Gemeentes moet hulle gemeentenommer op al hulle korrespondensie met die Genootskap skryf, aangesien baie van ons rekenaarprogramme hierdie nommer vereis. Julle vriendelike samewerking word hoog op prys gestel.

◼ Die sekretaris en die diensopsiener moet die bedrywighede van alle gewone pioniers nagaan. As enigeen van hulle dit moeilik vind om aan die uurvereiste te voldoen, moet die ouer manne reël dat hulle gehelp word. Hersien die Genootskap se jaarlikse S-201-briewe van 1 Oktober vir wenke. Sien ook paragrawe 12-20 van die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986.

◼ Die Genootskap nooi ouer manne en hulle gesinne uit om aansoek te doen om in Desember 1999 die St. Helena-streekbyeenkoms as afgevaardigdes by te woon. Indien julle belangstel, skryf asseblief ’n brief, laat julle dienskomitee dit teken en stuur dit so gou as moontlik aan die Genootskap. As julle aanvaar word, sal ons aan julle verdere besonderhede stuur. Die boot sal op 27 November uit Kaapstad vertrek en om en by 22 Desember terugkeer, sodat julle ongeveer 15 dae op die eiland sal deurbring.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? (gemeente en publiek: R3,75; pioniers: R2,50)—Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Nederlands, Pools, Portugees

Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? (gemeente en publiek: R1,20; pioniers: R0,80)—Afrikaans, Chichewa, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Nederlands, Pools, Portugees, Sepedi, Shona, Suid-Sotho, Swahili, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu

◼ Nuwe videokasette beskikbaar:

Noah—He Walked With God (gemeente en publiek: R55,00; pioniers: R45,00)—Engels

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel