Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Oktober: Individuele eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! November: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die harde band en R3,75 vir die sagte band. Desember: Kennis wat tot die ewige lewe lei saam met die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte teen ’n bydrae van R9,00 wanneer die harde band aangebied word en R7,75 wanneer die sagte band aangebied word. Januarie: Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte saam met die boek Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R19,00, of saam met Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R11,50.
◼ Die “Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1999” is ingesluit in hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening en moet gehou word sodat daar gedurende 1999 deurgaans daarna verwys kan word.
◼ As die vergaderingtye vir julle gemeente vanaf 1 Januarie gaan verander, sal dit dalk nodig wees om ’n nuwe voorraad strooibiljette te bestel om die veranderde vergaderingtye aan te dui.
◼ Die Bethelhuis en -fabriek sal op Saterdag, 17 Oktober 1998, vir skoonmaakwerk gesluit wees. Daar sal geen reëlings wees vir toere of vir gemeentes om hulle lektuur op daardie dag te kry nie.
◼ Gemeentes kan nou die 1999-jaarteks in Afrikaans, Engels, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu bestel teen R16,00 elk, wat teen die lektuurrekening gedebiteer sal word. Gemeentes wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet kontant saam met hulle bestelling stuur. Ons stel voor dat die nuwe jaarteks teen 1 Januarie 1999 in alle gemeentes aangebring word.
◼ Gemeentes moet Ondersoek die Skrif elke dag—1999 van 1 Oktober af saam met hulle gereelde lektuurbestelling begin bestel. Die boekies sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chichewa, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Kwanyama, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zulu. Totdat hierdie boekies beskikbaar is en versend word, sal hulle as “Back Ordered” op gemeentelike fakture verskyn. Die Ondersoek die Skrif-boekie is ’n beheerde item en sal teen die lektuurrekening gedebiteer word teen R2,50 elk, wat die prys vir verkondigers en pioniers is. Gewone en spesiale pioniers wat voor 1 Julie 1998 op die lys was, kan een gratis eksemplaar ontvang. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet kontant saam met hulle bestelling stuur. ’n Afsonderlike inskrywing moet op die Remittance and Credit Request-vorm (S-AB-20) gemaak word om die gratis eksemplare vir pioniers aan te dui. Dit moet deur die gemeente bestel word. ONS MOEDIG ELKE GESINSLID AAN, ONDER ANDERE KINDERS WAT KAN LEES, OM HULLE EIE EKSEMPLAAR VAN HIERDIE BOEKIE TE HÊ.
◼ Die Genootskap wil almal bedank wat bygedra het tot die 1998-Sendelingreisfonds, aangesien altesaam 55 sendelinge en Internasionale Dienaars huis toe kon gaan vir die byeenkomste. Dit sal dus nie meer nodig wees om tot hierdie fonds by te dra nie. Julle gereelde bydraes tot die Koninkrykswerk word baie waardeer.
◼ LET WEL: Die datum van die volgende streekbyeenkoms het verander:
1-3 Januarie 1999: Gaborone
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Watch Tower Publications Index 1997 (gemeente, publiek en pioniers: R2,50)—Engels