Internasionale byeenkomste In 1998
Soos daar Saterdag, 5 Oktober 1996, by die jaarvergadering van die Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania aangekondig is, beplan die Bestuursliggaam om gedurende 1998 internasionale byeenkomste te hou. Buiten die gewone streekbyeenkomste gaan ’n aantal internasionale byeenkomste in Noord-Amerika gehou word, sowel as in Afrika, Asië, Europa, Latyns-Amerika, die Karibiese streek en die Stille Suidsee.
’n Hele paar van hierdie spesiale byeenkomste sal in Noord-Amerika gehou word, en afgevaardigdes van regoor die wêreld sal genooi word. Ons kan ook daarna uitsien om sendelinge by hierdie internasionale byeenkomste te hê. Sendelinge en ander in spesiale diens in die buiteland wat kwalifiseer, sal genooi word om een van hierdie byeenkomste in of naby hulle land van herkoms by te woon.
Die takkantoor sal gemeentes in kennis stel van die internasionale byeenkomsstad waarheen verkondigers genooi sal word. Inligting sal verstrek word oor die datums en watter reëlings getref word vir gekose afgevaardigdes. Die verkondigers wat aansoekvorms wil invul om as afgevaardigdes gekies te word, wil dalk nou reeds van hulle geld begin spaar ter voorbereiding vir hierdie spesiale gebeurtenisse.