Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye teen ’n bydrae van R1,00 elk: Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf en Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind? Waar gepas, kan die brosjure Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? aangebied word. September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R10,50 vir die groot uitgawe en R5,30 vir die sakuitgawe. Gemeentes wat Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou in voorraad het, kan hierdie boek ook aanbied. Oktober: Jaarintekeninge per pos op die Ontwaak! of Die Wagtoring teen ’n bydrae van R38,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarlikse intekening op halfmaandelikse uitgawes kos R19,00. Klubintekeninge kos R24,00 en R12,00 onderskeidelik. Wend ’n spesiale poging aan om eksemplare van die tydskrifte by mense te laat wanneer die aanbod van die hand gewys word.
◼ Vanaf September sal kringopsieners die openbare toespraak met die titel “Wie is soos Jehovah ons God?” hou.
◼ Nuwe oudiokassette beskikbaar:
Kennis wat tot die ewige lewe lei (stel van vyf oudiokassette in ’n album; gemeente en publiek: R40,00; pioniers: R30,00)—Engels
◼ Neem asseblief kennis: Ons spoor verkondigers aan om die Paradys op aarde-boek aan te bied in ons ontoegekende gebied of gebied wat selde gedek word. Die prys is steeds soos volg:
VerkondigersPioniers
Groot uitgaweR8,00R5,50
Klein uitgaweR4,00R2,80
Vra asseblief krediet vir die Paradys op aarde-boek aan deur die hoeveelheid groot en klein boeke wat deur verkondigers en pioniers onderskeidelik geneem is onder die reël “Other items” op die Remittance and Credit Request-vorm (S-AB-20) te skryf.