Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/95 bl. 5-6
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1995
Ons Koninkryksbediening—1995
km 12/95 bl. 5-6

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 4September tot 18 Desember 1995. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.

[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer hê nie.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaaris:

1. Jehovah se Getuies het geen leier nie. [jv-AF bl. 117 par. 4]

2. Jesaja 38:5 help ons om te verstaan dat opregte smekinge Jehovah kan beweeg om te doen wat hy andersins moontlik nie sou gedoen het nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 4/1 bl. 14.]

3. Nietige mense op aarde kan die Skepper van die heelal bedroef of bly laat voel (Jes. 63:10). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w93-AF 6/15 bl. 15.]

4. N.H. Barbour het beweer dat hy aan die losprys glo, dat Christus vir ons gesterf het. Hy het die gedagte van “plaasvervanging” verwerp—dat Christus in ons plek gesterf het. [jv-AF bl. 131 par.3, 4, voetnoot]

5. Jesaja 53:5, 12 het voorspel dat Jesus Christus as ’n losprysofferande sou sterf om ander se sondes te bedek. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w92-AF 10/1 bl. 14.]

6. Deur sy studies van die Skrif het Russell besef dat Christus nie net by sy wederkoms onsigbaar sou wees nie, maar dat hy ook onsigbaar sou bly, selfs wanneer hy sy teenwoordigheid deur sy oordeel oor die goddelose openbaar. [jv-AF bl. 133 par. 2]

7. Hoewel Jehovah se Getuies hoegenaamd nie aan politieke bedrywighede deelneem nie, bemoei hulle hulle nie met ander se sake as dié by ’n politieke party wil aansluit, kandidate is of in verkiesings stem nie. [uw-AF bl. 166 par. 12]

8. Getroue knegte van God voor die tyd van Christus het geen kennis gehad van die nuwe wêreld waarop ons hoop nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 2/15 bl. 11.]

9. Kores het Jehovah se “gesalfde” geword, selfs al is daar geen bewys dat letterlike olie oor hom uitgegiet is nie (Jes. 45:1). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w92-AF 11/15 bl. 30.]

10. Ten einde God met volle toegewydheid te dien, moet Christene die dag en die uur weet wanneer Jehovah oordeel aan Satan se aardse stelsel gaan voltrek. [uw-AF bl. 176 par. 2]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Wanneer moet ’n Christen met sy dokter praat oor sy besluit om hom van bloed te onthou? [uw-AF bl. 158 par. 9]

12. Hoe was Jesus geen deel van die wêreld nie? [uw-AF bl. 161 par. 2]

13. Wat beteken die vrymoedige verkondiging van God se Woord nie? [uw-AF bl. 175 par. 13]

14. Wie is die ware “Israel van God”, en in watter jaar is dit geïdentifiseer? (Gal. 6:16). [jv-AF bl. 141 par.3, 4]

15. Watter beginsel is in 1962 duidelik verstaan wat ons ’n beter begrip van onderdanigheid aan “die hoër owerhede” gegee het? (Rom. 13:1-7). [jv-AF bl. 147 par. 3]

16. Waarom was dit nodig dat ons die waarlik onderskeidende naam Jehovah se Getuies aanneem, hoewel ons in 1931 as Christene en as Bybelstudente bekend gestaan het? [jv-AF bl. 150 par. 5–bl. 152 par. 1]

17. Watter opvatting in verband met die aarde en die teks in Matteus 5:5 het Jehovah se Getuies van die hele Christendom onderskei? [jv-AF bl. 161 par. 3]

18. In watter boeke en hoofstukke voorsien drie van die Evangelies inligting oor die saamgestelde teken wat “die voleinding van die stelsel van dinge” identifiseer? [uw-AF bl. 178 par. 5]

19. Waarom is die naam Jehovah se Getuies nie net ’n benaming nie? [jv-AF bl. 158 par. 4]

20. Waarom is daar geen onsekerheid onder Jehovah se Getuies oor hoe egbreuk, hoerery of homoseksualiteit beskou moet word nie? [jv-AF bl. 173 par.1, bl. 174 par. 3]

Voorsien die woord(e) of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:

21. Wanneer ’n Christen hospitaal toe gaan, moet hy ․․․․․․․ versoek dat geen bloed toegedien word nie, en hy moet dit persoonlik ․․․․․․․ met die dokter wat hom gaan behandel. [uw-AF bl. 158 par. 9]

22. Twee maniere waarop ons toon dat ons op Jehovah vertrou, is deur ․․․․․․․ gereeld by te woon en gereeld tot hom te ․․․․․․․. [uw-AF bl. 170-1 par. 5-7]

23. Van 1976 tot 1992 het vrywillige ․․․․․․․ met die bou van nuwe ․․․․․․․ in sowat 60 lande gehelp, is daar wêreldwyd meer as 29 000 nuwe ․․․․․․․ gestig en het die organisasie byna ․․․․․․․ in grootte tot meer as 4 470 000 Koninkryksverkondigers. [jv-AF bl. 114 par. 1, bl. 115 par. 1 en bl. 117 par. 2]

24. In Junie 1882 het Zion’s Watch Tower gesê dat ․․․․․․․ en ․․․․․․․ nie een wese is nie, maar ․․․․․․․, dat hulle slegs een is in die sin dat hulle ․․․․․․․ is, en dat die gees net so min ’n ․․․․․․․ is as wat die gees van die wêreld ’n persoon is. [jv-AF bl. 123 par. 4]

25. Op 22 Junie 1977, twee weke ná broer Knorr se dood, het ․․․․․․․ die president van die Wagtoringgenootskap geword. [jv-AF bl. 109 par. 3]

Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:

26. Vroeë Christene is as haters van die mensdom uitgekryt omdat hulle (nie met ongelowiges gepraat het nie; nie afgode aanbid het nie; gewelddadige en onsedelike vermaak vermy het). [uw-AF bl. 163 par. 7]

27. In Jesus se illustrasie in Matteus 13:36-43 stel die koring (die getroue manne van die ou tyd; die groot skare; gesalfde Christene) voor, terwyl die onkruid (alle ongelowiges; diegene wat bely dat hulle Christene is; die skrifgeleerdes en Fariseërs) voorstel. [uw-AF bl. 179 par. 7]

28. God se hoofdoel is die (redding van die mens; vernietiging van die Duiwel; regverdiging van sy soewereiniteit). [jv-AF bl. 166 par. 6]

29. ’n Organisatoriese verandering wat op 1 Oktober 1972 in werking getree het, het bepaal dat (’n opsiener; ’n gemeentekneg; ’n liggaam van ouer manne) aangestel word om na elke gemeente om te sien. [jv-AF bl. 106 par. 2]

30. Ons het ’n vollediger biografie van Jeremia as van enige van die ander ou profete, met uitsondering van (Daniël; Jesaja; Moses). [si-AF bl. 124 par. 5]

Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:

Lev. 17:11, 12; Jes. 43:10; Jer. 7:31; Joh. 10:16; Hand. 4:13

31. As jy ’n beperkte sekulêre opvoeding het, maak dit jou nie onbevoeg om ’n vreeslose verkondiger van die goeie nuus te word nie. [uw-AF bl. 172 par .8]

32. Die enigste skriftuurlike gebruik van bloed beklemtoon die heiligheid daarvan sowel as die waarde van Christus se offerande. [uw-AF bl. 159 par. 11]

33. Daar is geen wedywering tussen die gesalfde klas en die groot skare nie, ook redeneer niemand dat die een beter of slegter as die ander is as gevolg van hoop of posisie nie. [jv-AF bl. 171 par. 2]

34. Jehovah het geen voorganger nie; geen god het voor hom bestaan nie, en daar sal geen god ná hom wees nie omdat hy ewig is, die allerhoogste Soewerein. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w92-AF 1/15 bl. 22.]

35. Vandag sal die meeste volwassenes nie eers daaraan dink om hulle kinders as offerandes aan afgode te offer nie; tog word ontelbare miljoene babas opsetlik deur aborsies doodgemaak, en miljoene jongmense is op die oorlogsaltaar geoffer. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 1/15 bl. 31]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel