Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 1 Mei tot 21 Augustus, 1995. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.
[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer hê nie.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaaris:
1. Aanbidding van God is ’n persoonlike saak en hang geensins af van ons verhouding met ander nie (1 Joh. 4:20). [uw-AF bl.134 par.7]
2. Die bestuursliggaam se raad aan nie-Joodse Christene dat hulle hulle onthou van afgodediens, bloed en hoerery was op die Mosaïese Wet gebaseer (Hand. 15:28, 29). [uw-AF bl.149 par. 8]
3. Die Wet van Moses het oorspronklik vir die hele mensdom gegeld (Ps. 147:19, 20). [uw-AF bl.147 par. 5]
4. Hoofstuk 53 van Jesaja, wat sowat 700 jaar voor die geboorte van Christus geskryf is, is soos ’n duidelike ooggetuieverslag van Jesus Christus en die manier waarop hy behandel is. [si-AF bl.119 par. 8]
5. Broer Russell het sy diepe teleurstelling uitgespreek oor die feit dat hy nie in 1914 hemel toe geneem is nie. [jv-AF bl.62 par. 3]
6. Daar is geen wêreldse bron wat kan vergelyk met die betroubare raad wat die Bybel oor gesinsaangeleenthede gee nie. [uw-AF bl.144 par. 11]
7. Die boek Spreuke dring deur tot die kern van ons probleme wanneer dit ons vermaan om volkome op God te vertrou. [si-AF bl.111 par. 35]
8. By ’n byeenkoms wat in 1935 in Washington,DC, gehou is, is daar duidelik getoon dat die hedendaagse Jonadabs nie so getrou as die gesalfdes aan Jehovah hoef te wees nie. [jv-AF bl.83 par.5, bl.84 par. 1]
9. Wanneer probleme in die huwelik opduik, sal ’n ware Christen nie sy huweliksmaat se tekortkominge gebruik as ’n verskoning om sy eie verantwoordelikhede te ontduik nie. [uw-AF bl.140-1 par. 4, 5]
10. Salomo se woorde in die boek Prediker dat alles nietigheid is, is sonder uitsondering op alles van toepassing. [si-AF bl.114 par. 15]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Watter moedige opvoedkundige onderneming het broer Russell en sy metgeselle in 1912 aangepak? [jv-AF bl.59 par.5, bl.60 voetnoot]
12. Wat het die toetse geopenbaar wat die Bybelstudente van 1914 tot 1918 moes deurmaak? [jv-AF bl. 61 par. 1]
13. Watter baie belangrike mylpaal is bereik by ’n byeenkoms wat in 1931 in Columbus, Ohio, gehou is? (Jes. 43:12). [jv-AF bl.79 par.5, bl.82 par.2]
14. Watter skriftuurlike insig is in 1942 in die toespraak “Vrede—Kan dit duur?” geopenbaar, en waarom was die titel van hierdie toespraak so gedagteprikkelend? [jv-AF bl. 93 par. 2]
15. In 1943 is gemeentes aangespoor om met watter nuwe skool te begin, en wat was die gevolg? [jv-AF bl. 94 par. 2, 3]
16. Noem drie ander maniere, benewens ’n bloedoortapping, waarop ’n persoon bloedskuldig voor God kan word. [uw-AF bl.155-6 par. 3-6]
17. Wat beklemtoon die boek Spreuke in ooreenstemming met Spreuke 1:2-4? [si-AF bl. 109 par. 19]
18. Noem twee klankmediums wat die Genootskap gedurende die twintiger- en dertigerjare op groot skaal gebruik het om die goeie nuus te verkondig. [jv-AF bl.80-1,87]
19. Wanneer het die eerste klas van die Koninkryksbedieningskool begin, en wat was die doel daarvan? [jv-AF bl. 102 par. 3]
20. Watter praktiese lesse word in die pragtige Hooglied van Salomo geleer? [si-AF bl. 117 par. 16]
Voorsien die woord(e) of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:
21. Broer Russell het sy aardse loopbaan op 31 Oktober 1916 voltooi en ․․․․․․․ hetdie volgende president van die Genootskap geword. [jv-AF bl.63 par.4, bl. 65 par. 2]
22. In 1917 en 1918 het die Bybelstudente die boek “ ․․․․․․․ ” ywerig versprei en weens teëstand wat deur die geestelikes aangestig is, is broer Rutherford en sewe metgeselle in die ․․․․․․․ in Atlanta, Georgia, gewerp. [jv-AF bl. 69 par. 3, bl. 70 par. 1]
23. In ’n brief wat deur broer Rutherford geskryf is terwyl hy in die gevangenis was en wat vir die broers by die jaarvergadering van die Wagtoringgenootskap in 1919 voorgelees is, het hy gesê dat “Satan se vernaamste wapens ․․․․․․․, ․․․․․․․ en ․․․․․․․” is. [jv-AF bl. 72 par. 3, bl. 73 par. 7]
24. In 1922 by die internasionale byeenkoms in Cedar Point, Ohio, het broer Rutherford gesê: ‘Die wêreld moet weet dat Jehovah God is en dat Jesus Christus die Koning van die konings is. ․․․․․․․,dus die ․․․․․․․ en sy ․․․․․․․.’ [jv-AF bl. 72 par. 1]
25. Broer Rutherford het sy aardse loopbaan op 8 Januarie 1942 voltooi, en vyf dae later het broer ․․․․․․․ die president van die Genootskap geword. [jv-AF bl. 89 par.3, bl. 90 par. 3]
Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:
26. Gileadskool vir sendelinge is in (1919; 1935; 1943) gestig. [jv-AF bl.95 par.2]
27. Die New World Translation of the Christian Greek Scriptures is vir die eerste keer in (1946; 1950; 1953) vrygestel, en daarin is die Goddelike naam, Jehovah, altesaam (154; 193; 237) keer herstel. [jv-AF bl. 99 par. 2]
28. ’n Bewys dat Salomo die skrywer van Prediker was, is die feit dat (sy naam dwarsdeur die boek voorkom; skrywers van ander Bybelboeke hom as die skryweridentifiseer; die boek self bevestig dat Salomo die skrywer is, hoewel hy nie spesifiek genoem word nie). [si-AF bl. 112 par. 4]
29. In 1932 is daar verduidelik dat Jonadab, koning Jehu se metgesel, ’n klas mense afbeeld wat (’n sekondêre hemelse klas sal uitmaak; die ewige lewe op aarde sal beërwe; nie ’n ferm standpunt vir die waarheid sal inneem nie). [jv-AF bl. 83 par. 3]
30. Die Hooglied van Salomo beklemtoon (Salomo se rol as koning; Salomo se groot rykdom; ’n plattelandse meisie se lojaliteit teenoor ’n herder). [si-AF bl. 115 par. 2]
Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:
Spr. 22:3; Pred. 7:21,22; Jes. 13:19,20; Matt. 5:23,24; Kol. 3:18-20, 23,24
31. Hoewel Jehovah sy volk nie vanselfsprekend teen ongelukke, burgerlike onrus of misdaad beskerm nie, kan die beoefening van praktiese wysheid wat op die Bybel gegrond is waardevol wees. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w92-AF 1/1 bl. 17 par. 23.]
32. Ons het alle rede om nooit aan die vervulling van geïnspireerde profesieë te twyfel nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w93-AF 5/15 bl. 6.]
33. ’n Ware Christen doen moeite om vreedsame verhoudinge met sy broers te bevorder. [uw-AF bl. 135 par. 10]
34. Vordering met gesinsverhoudinge vind plaas, nie as elkeen wag dat die ander persoon iets moet doen nie, maar as elkeen sy deel goed doen en sodoende toon dat hy persoonlik godvrugtige toegewydheid tuis beoefen. [uw-AF bl. 143 par. 10]
35. Moenie onrealisties wees en volmaaktheid van jouself of van jou verhoudinge met ander onvolmaakte mense verwag nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w90-AF 3/1 bl. 8.]