Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/94 bl. 5-6
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1994
Ons Koninkryksbediening—1994
km 12/94 bl. 5-6

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 5 September tot 19 Desember 1994. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.

[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer hê nie.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaaris:

1. Satan verlok mense listig om normale begeertes op verkeerde maniere te bevredig. [uw-AF bl.65 par. 9]

2. Sjeool, Hades en Gehenna verwys almal na die mensdom se gemeenskaplike graf. [uw-AF bl. 72 par. 6]

3. Aangesien die vervulling van Psalm 110:1, 2 tot in die laaste dae van hierdie wêreld strek, help hierdie verse ons om te verstaan dat Jesus se profesie oor die voleinding van die stelsel van dinge nie tot Jerusalem se vernietiging in 70G.J. beperk was nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w94-AF 2/15 bl. 12 par. 17.]

4. Die Sanhedrin was die Romeinse Hoër Hof van 71lede wat in Jerusalem vergader het. [gt-AF hfst. 119]

5. Die “wêreldheersers” waarvan Efesiërs 6:12 praat, is die politieke leiers wat nie God se guns geniet nie. [uw-AF bl. 63 par. 4]

6. Die miljoene wat uit die dood opgewek gaan word, sal geoordeel word volgens die werke wat hulle voor hulle opstanding verrig het. [uw-AF bl. 75 par. 12]

7. Jesus het nie net as Middelaar van die nuwe verbond gedien nie, maar hy het persoonlik met sy lojale apostels ’n verbond vir ’n Koninkryk gesluit. [gt-AF hfst. 115]

8. Doop op sigself is ’n waarborg van redding. [uw-AF bl. 100 par. 12]

9. Toe Jesus gebid het: “Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem!” het hy gevra om die dood vry te spring (Lukas 22:42). [gt-AF hfst. 117]

10. Volgens Psalm 58:4 (NW) kan die kobra nie hoor nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien it-1 bl. 485.]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Die wete dat Jehovah die voëls voed en die blomme pragtig beklee, behoort sy menseknegte van watter sorge te bevry? [uw-AF bl. 87 par. 3]

12. In watter opsig is die goddeloses soos ’n slang, soos in Psalm 58:4-6 beskryf word? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w86-AF 10/15 bl. 30.]

13. Op grond waarvan sal ’n verstandige Christen, in ooreenstemming met Efesiërs 5:3-5, sekere musiek verwerp wat miskien ’n aangename melodie, ’n opwekkende ritme of ’n polsende slag het? [uw-AF bl. 67 par. 12]

14. Wat bedoel die Bybel wanneer dit in Openbaring 20:14 sê dat Hades “in die poel van vuur gewerp” is? [uw-AF bl. 75 par. 12]

15. Op grond waarvan word die skape en die bokke in Jesus se gelykenis in Mattheüs 25:31-46 geoordeel? [gt-AF hfst. 111 par. 43]

16. Wanneer het 14 Nisan begin en geëindig as 11 Nisan van 33G.J. Dinsdag teen sononder geëindig het? [gt-AF hfst. 112]

17. Wat beteken dit om in die naam van die Vader en die Seun en die heilige gees gedoop te word? [uw-AF bl. 98 par. 9]

18. In watter opsig sal die werke van Jesus se dissipels groter as syne wees, soos hy in Johannes 14:12 gesê het? [gt-AF hfst. 116 par. 6]

19. Wat is “die skuilplek van die Allerhoogste” waarvan Psalm 91:1 praat, en wat moet ons doen om daar te kan woon? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w93-AF 12/15 bl. 12; w86-AF 12/15 bl. 29.]

20. Waarom kon Jesus in Johannes 16:33 sê dat hy die wêreld oorwin het? [gt-AF hfst. 116 par. 37]

Voorsien die woord of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:

21. Soos blyk uit die geval van Job, beweer Satan dat ons hoofsaaklik in ․․․․․․․ besittings, ons eie gerief en welsyn belangstel en dat ons God om ․․․․․․․ redes dien. [uw-AF bl. 93 par. 13]

22. Toe Jesus op onregverdige wyse verhoor is, was ․․․․․․․ die goewerneur van Judea en ․․․․․․․ die heerser van Galilea. [gt-AF hfst. 121, 122]

23. In ooreenstemming met wat ․․․․․․․ in Lukas 3:16 verduidelik het, het Jesus se dissipels eers op Pinkster van 33G.J. ’n doop met ․․․․․․․ ondervind; in 70G.J. is die onberouvolle Jode met ․․․․․․․ gedoop. [uw-AF bl. 96 par. 4]

24. Jesus se doop in die ․․․․․․․ het in 29G.J. begin, maar het eers geëindig nadat hy werklik ․․․․․․․ het en ․․․․․․․ is. [uw-AF bl. 97 par. 6]

25. Die partye van die nuwe verbond is ․․․․․․․ en ․․․․․․․. [gt-AF hfst. 114]

Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:

26. Die “gode” waarna Psalm 82 verwys, is (Satan en die demone; heidense gode van die nasies; manne wat die regters van Israel was). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w86-AF 12/15 bl. 28.]

27. Die hoofdoel waarvoor Jesus in die wêreld gekom het, was om (die mensdom te red; dissipels te maak; van die waarheid te getuig). [gt-AF hfst. 122]

28. Indien ons fisiese beproewinge of materiële verliese ondervind, sal die Duiwel graag wil sien dat ons (Jehovah eer en die Duiwel ’n leuenaar bewys; God die skuld gee en dislojaal word; volhard soos Job gedoen het). [uw-AF bl. 60 par. 13]

29. Van die drievoudige beskuldiging wat die Joodse godsdiensleiers teen Jesus ingebring het, soos in Lukas 23:2 opgeteken is, was die aanklag wat Pilatus verontrus het die een dat Jesus (die Joodse volk verlei het; die betaling van belasting aan die keiser verbied het; self gesê het dat hy Christus, ’n koning, is). [gt-AF hfst. 121]

30. In Psalm 63:4 het Dawid in werklikheid gesê dat ’n goeie verhouding met Jehovah (naas die lewe die beste is; net so goed as die lewe is; selfs kosbaarder as die lewe self is). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w85-AF 4/1 bl. 4.]

Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:

Ps. 86:1,2; Matt. 26:52; Joh. 13:1-17; Joh. 15:8; Hebr. 13:5,6

31. Ondanks hoë pryse en algemene werkloosheid sal Jehovah sorg dat ons het wat ons werklik nodig het, solank ons al ons kragte ooreenkomstig ons geloof inspan. [uw-AF bl. 89 par. 6]

32. Ware Christene is geen deel van die wêreld nie; daarom wend hulle hulle nie tot vleeslike wapens nie. [gt-AF hfst. 118; sien w94-AF 6/1 bl. 12.]

33. Hoewel die probleme waarmee ons te kampe het ons dalk bekommerd en terneergedruk maak, kan ons vol vertroue wees dat Jehovah sy oor na hierdie aarde sal neig en na ons nederige gebede sal luister. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w92-AF 12/15 bl. 9 par. 3, 4.]

34. Ons kan God waarlik verheerlik deur Christelike eienskappe, veral liefde, aan die dag te lê en deur die grootste aandeel moontlik te hê aan die werk om dissipels te maak. [gt-AF hfst. 116 par. 19]

35. As Christene moet ons bereid wees om ander sonder partydigheid te dien, ongeag hoe gering of onaangenaam die taak is. [gt-AF hfst. 113]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel