Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/94 bl. 8
  • Ontwikkel belangstelling tydens herbesoeke

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ontwikkel belangstelling tydens herbesoeke
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Wakker belangstelling aan in die Koninkryksboodskap
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Toon opregte besorgdheid vir al die belangstelling wat gevind word
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Volg Jehovah na deur opreg vir ander om te gee
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Doen herbesoeke by almal wat brosjures geneemhet
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 8/94 bl. 8

Ontwikkel belangstelling tydens herbesoeke

1 Die bediening is al tereg met saaiwerk vergelyk, en daar is al gesê dat herbesoeke soos die kweek en natmaak van saailinge is (Matt. 13:23; Luk. 10:2; 2 Kor. 9:10). As God se “medewerkers” het ons ’n verpligting om enige nuwe saad wat kiem, te help om volwassenheid te bereik en vrugbaar te word (1 Kor. 3:6,9). Wat is die beste manier waarop ons dit kan doen?

2 Gaan so gou moontlik terug na almal wat belangstelling getoon het. Hersien jou huis-tot-huis-verslae, en besluit wie om te besoek en wat om te bespreek. Oor die algemeen sal jou onderwerp vir bespreking bepaal word deur dít wat tydens die eerste besoek bespreek is. Wees aanpasbaar, en hou ander skriftuurlike punte in gedagte wat jy kan byvoeg. Dit is altyd goed om die Bybel te gebruik en sodoende die krag te erken wat dit het om die hart te bereik.—Hebr. 4:12.

3 As jy die brosjure “Gee God werklik vir ons om?” by iemand gelaat het, kan jy begin deur iets soos die volgende te sê:

◼ “Talle opregte mense glo dat God die aarde gaan vernietig, terwyl ander vrees dat die mens dit self gaan doen. Wat dink jy? [Laat huisbewoner antwoord.] DieBybel sê vir ons dat God die aarde niegaan vernietig nie, maar dit van ongeregtigheid gaan reinig en dit ’n plek van vrede en veiligheid gaan maak.” Vestig die aandag op bladsy 22 en lees Spreuke 2:21,22, wat daar aangehaal word. Indien belangstelling getoon word, kan jy die tuisbybelstudiereëling verduidelik of die jongste tydskrifte aanbied en reël om terug te gaan en meer aangaande God se beloofde nuwe wêreld te bespreek.

4 As jy die “Kyk!”-brosjure by iemand gelaat het, kan jy sê:

◼ “Tydens my vorige besoek het ons in die Bybel gelees van God se belofte om van die aarde ’n paradys te maak, soos uitgebeeld word op die buiteblad van die brosjure wat ek by jou gelaat het. Ons kan hierdie seën geniet as ons meer leer aangaande God se wil en hoe dit ons raak.” Lees Johannes 17:3 en blaai dan na paragrawe 52 en 53 op bladsy27. Bespreek kortliks waarom dit nodig is om juiste kennis van God se Woord in te neem.

5 Wanneer ons ’n opvolgbesoek doen nadat ons die “Doel van die lewe”-brosjure by iemand gelaat het wat godsdienstig is, sal dit dalk gepas wees om te sê:

◼ “Jy het die Onse Vader heel waarskynlik al baie keer gebid. Waaraan dink jy wanneer jy vra dat God se Koninkryk moet kom?” Nadat die huisbewoner geantwoord het, kan jy na paragrawe8 en 9 op bladsy 26 verwys en dan Daniël 2:44 lees. Jy kan die gesprek miskien voortsit deur te verduidelik dat die koms van God se Koninkryk die einde van goddeloosheid en lyding sal beteken. Wys daarop dat ons die ewige lewe in die Paradys op hierdie aarde kan geniet as ons in God se oë regverdigis.

6 Hou in gedagte dat ’n herbesoek gedoen kan word by enigiemand wat bereid was om te luister, ongeag of lektuur by die persoon gelaat is of nie. Probeer om elke week tyd opsy te sit om herbesoeke te doen. Jehovah sal jou ywerige poging seën om die belangstelling te ontwikkel wat jy gevind het. Mag dit tot sy lof vrug dra.—Joh. 15:8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel