Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Junie: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R9,00. Klein uitgawes kos R4,50. Julie: ’n Kombinasie van enige drie van die boekies met 32 bladsye wat die gemeente in voorraad het teen ’n bydrae van 90 sent. As die gemeente nie ’n voorraad boekies het nie, kan ’n gepaste brosjure as ’n alternatiewe aanbod gebruik word. Aangesien die boekies met 32 bladsye nie by die Genootskap beskikbaar is nie, moet dit nie aangevra word nie, maar gemeentes moet hierdie boekies gebruik wat in voorraadis. Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan aangebied word teen ’n bydrae van 90 sent elk: Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Die goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring en Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind? September: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R9,00. Klein uitgawes kos R4,50.
◼ Vanaf 3 Oktober 1994 sal die boek Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! by die Gemeentelike Boekstudie bestudeer word.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeenterekeninge op 1Junie of so gou moontlik daarna ouditeer. Kondig in die gemeente aan wanneer dit gedoenis.
◼ Aan die presiderende opsieners: Ons nooi julle uit om enige uitsonderlike ondervindinge aan die Genootskap te stuur wat julle gemeente in die loop van die jaar gehad het, onder andere ondervindinge oor hulppionierdiens en die spesiale Tydskrifdag op 9 April 1994. Ons wil die bestes uit ons veld vir die jaarverslag kies. Dit moet ons asseblief nie later as 1 Julie 1994 bereik nie.
◼ Ons het steeds ’n voorraad van die boekie Ondersoek die Skrif elke dag—1994 in die volgende tale beskikbaar: Engels, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu.
◼ Vanaf 1Junie sal die intekeningtariewe vir Die Wagtoring of die Ontwaak! R30,00 vir halfmaandelikse uitgawes wees. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes of halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes sal R15,00 wees. Klubintekeninge sal minder kos. Sien asseblief ons brief van 21 Maart 1994 vir meer besonderhede.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Engels: Why Should We Worship God in Love and Truth? (brosjure met 32 bladsye vir Hindoes; gemeente en publiek: 90 sent; pioniers: 60 sent).
◼ Nuwe videokassette beskikbaar:
Engels: The Bible—Mankind’s Oldest Modern Book (gemeente en publiek: R45,00; pioniers: R40,00).