Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/94 bl. 2
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening—Hoe om op potensiële gesprekdempers te reageer
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Help die huisbewoner om te redeneer
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Eenvoudige en doeltreffende herbesoeke
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Bied die goeie nuus aan—Met onderskeidingsvermoë
    Ons Koninkryksbediening—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 9/94 bl. 2

Vraebus

◼ Wat moet gedoen word wanneer ’n huisbewoner daarop aandring dat Jehovah se Getuies nie meer na sy huis toe kom nie?

Wanneer daar ’n teken by die deur is wat besoeke van ’n godsdienstige aard streng verbied en spesifiek Jehovah se Getuies meld, sal dit raadsaam wees om die huisbewoner se wense te respekteer en nie te klop nie.

Soms is daar ’n teken wat verkoopsagente of smouse verbied. Aangesien ons ’n welwillende godsdienswerk doen, is dit nie werklik op ons van toepassing nie. Dit sal gepas wees om wel by sulke deure aan te klop. Indien die huisbewoner beswaar maak, kan ons taktvol verduidelik waarom ons meen dat sulke tekens nie op ons van toepassing is nie. As die huisbewoner dit dan duidelik maak dat die verbod Jehovah se Getuies insluit, sal ons sy wense respekteer.

Wanneer ons in die gebied werk, is dit dalk duidelik dat ’n huisbewoner omgekrap is en uitdruklik daarop aandring dat ons hom nie weer besoek nie. Indien hy weier om oor die saak te redeneer, moet ons aan sy versoek voldoen. ’n Aantekening met die datum daarby moet in die gebiedsomslag geplaas word sodat verkondigers wat in die toekoms in die gebied werk nie by daardie adres besoek aflê nie.

Sulke huise moet nie onbepaald vermy word nie. Die huidige inwoners verhuis dalk. Ons kan moontlik met ’n ander gesinslid in aanraking kom wat gunstig sal reageer. Die moontlikheid bestaan ook dat die gesindheid van die huisbewoner met wie ons gepraat het, sal verander en dat hy inskikliker sal wees dat ons hom besoek. Ná verloop van tyd moet daar derhalwe by die inwoners taktvol navraag gedoen word om vas te stel hoe hulle tans voel.

Die gebiedslêer moet een keer per jaar hersien word en ’n lys gemaak word van die huise waar ons gevra is om nie besoek af te lê nie. Onder leiding van die diensopsiener kan ’n paar taktvolle, ervare verkondigers toegewys word om hierdie huise te besoek. Daar kan verduidelik word dat ons besoek aflê om te verneem of dieselfde huisbewoner nog daar woon. Die verkondiger moet vertroud wees met die materiaal in die Redenering-boek, bladsye 15-24, onder die opskrif “Hoe jy kan reageer op potensiële gesprekdempers”. Indien die huisbewoner gunstig reageer, kan toekomstige besoeke op die gewone manier gedoen word. Indien die huisbewoner steeds teen ons besoeke gekant is, moet geen verdere besoeke voor die volgende jaar gedoen word nie. Die plaaslike liggaam van ouere manne kan besluit of die omstandighede in ’n spesifieke geval dit raadsaam maak om sake anders te hanteer.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel