Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/93 bl. 5
  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1993
Ons Koninkryksbediening—1993
km 12/93 bl. 5

Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 6 September tot 20 Desember 1993. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.

[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronverwysings na die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer he nie.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. Die boek Esra dek die verslag van Jehovah se handelinge met die Jode tot op die tyd dat die Hebreeuse ka-talogus saamgestel is. [si-AF bl. 85 par. 7]

2. Die boeke Esra en Nehemia was oor-spronklik een boek wat Esra genoem is. [si-AF bl. 88 par. 3]

3. Wanneer jy ’n toespraak hou, moet jy nie deur jou hele toespraak op ’n te hoe vlak met jou geesdrif volhou nie. [sg-AF bl. 164 par. 6]

4. Die laaste verse van 2 Kronieke be-wys dat ’n voile 70 jaar getel moet word vandat Juda geheel en al ver-woes is tot die herstel van ware aan-bidding in 537 v.G.J. [si-AF bl. 84 par. 35]

5. As jy gereeld by vergaderinge kom-mentaar lewer, sal dit jou help om daaraan gewoond te raak om voor ’n groep te praat. [sg-AF bl. 183 par. 14]

6. Die “vrou uit die dogters van Dan“ was ook met ’n man uit die stam van Dan getroud (2 Kron. 2:14). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-80 8/15 bl. 31.]

7. Tweede Kronieke 16:14 dui daarop dat koning Asa veras is. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w76-bl. 416.]

8. In Lukas 11:51 het Jesus klaarblyk-lik na die steniging van Sagaria, die seun van Jojada, verwys (2 Kron. 24:20, 21). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-80 5/15 bl. 27.]

9. As enige Getuies van Jehovah die Ge-denkmaal mis, moet hulle dit 30 dae later vier (2 Kron. 30:2). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-85 2/15 bl. 31.]

10. Die Joodse ballinge is teen “die se-wende maand“, of ongeveer 1 Okto-ber 537 v.G.J., in hulle vaderland hervestig (Esra 3:1). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien si-AF bl. 283 par. 29.]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Waarvan hang die regte tydsduur van ’n toespraak hoofsaaklik af? [sg-AF bl. 179 par. 25]

12. Watter tempel oortref aardse tempels wat heerlikheid betref ? [si-AF bl. 87 par. 16]

13. Wat is modulasie? [sg-AF bl. 160 par. 11]

14. Waarom moet die toepassing van ’n illustrasie duidelik toegelig word? [sg-AF bl. 169 par. 10]

15. Watter uitwerking sal dit op ’n spre­ker se slot he as hy sy tydsbepaling oorskry? [sg-AF bl. 177 par. 16]

16. Waarom is dit nie onvanpas om band-opnames van openbare gebede te maak nie? (2 Kron. 33:18). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w78-1/1 bl. 32.]

17. Watter naam word deur sekulere ge-skiedenis vir Asnappar voorsien? (Esra 4:10). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-88 2/15 bl. 28.]

18. Waarom is die kinders van die vreem-de vroue saam het hulle moeders weggestuur? (Esra 10:3, 44). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-86 1/15 bl. 9.]

19. Watter jaar was “die twintigste jaar van koning Artasasta“? (Neh. 2:1). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-92 10/1 bl. 11.]

20. Hoe is die wet “verklaar“? (Neh. 8:9). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-86 2/15 bl. 26.]

21. Wat moet ons in gedagte hou wanneer ons enige illustrasie in ’n toespraak gebruik? [sg-AF bl. 171 par. 20]

Voorsien die woord of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:

22. Na hulle Babiloniese gevangenskap het ’n getroue oorblyfsel Jode in die jaar ․․․․․․․ ’n altaar opgerig en offerandes gebring. [si-AF bl. 85 par. 3]

23. As ’n spreker hartlik teenoor sy ge­hoor voel, behoort dit op sy ․․․․․․․ sigbaar te wees. [sg-AF bl. 166 par. 13]

24. As ons teokratiese terme in ons bedie-ning gebruik, is dit belangrik dat ons hulle ․․․․․․․. [sg-AF bl. 173 par. 5]

25. Die hoofdoel van ’n slot is ․․․․․․․.

[sg-AF bl. 176 par. 4]

26. ’n Spreker moenie op die rostrum ․․․․․․․ nie. [sg-AF bl. 186 par. 26]

27. In ooreenstemming met 1 Timotheiis 3:1 kan broers hulle beskikbaar stel deur ․․․․․․․. [sg-AF bl. 190 par. 10]

Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:

28. Esra het Kronieke omstreeks (515; 460; 537) v.G.J. voltooi. [si-AF bl. 79 par. 1]

29. Nehemia het gedurende die heer-skappy van die Persiese koning (Ko-res; Xerxes; Artasasta) gedien. [si-AF bl. 88 par. 1]

30. “Die fees“ verwys na die (huttefees; fees van weke; fees van ongesuur-de brode) (2 Kron. 7:8). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien pm bl. 53.]

Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:

2 Kron. 9:9; 2 Kron. 19:7; 2 Kron. 28: 16, 20, 21; 2 Kron. 36:20, 21; Neh. 5:7

31. Onnodige betrokkenheid by die we-reld kan rampspoedig wees. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-85 9/1 bl. 30.]

32. Jehovah stel self die standaard wat die regte beskouing oor omkopery be-tref. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-86 10/1 bl. 30.]

33. Dit was ’n direkte skending van Jehovah se wet in Levitikus 25:36 en Deuteronomium 23:19. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-86 2/15 bl. 25.]

34. Dit praat van ’n geskenk wat meer as R100 000 000 werd was. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien gAF-87 11/22 bl. 4.]

35. Een van die redes vir Israel se 70 jaar lange ballingskap in Babilon was die skending van God se Sabbatswet-te. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien gAF-80 1/22 bl. 10.]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel