Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Mei: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R17,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R8,50. Junie: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R9,00. Julie: Enige van die volgende brosjures kan gebruik word: Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut” en Moet jy aan die Drie-eenheid glo? teen ’n bydrae van 90 sent elk. Augustus en September: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R9,00. Klein uitgawes kos R4,50. LET WEL: Gemeentes wat nog nie die bogenoemde kampanje-items bestel het nie, moet dit op hulle volgende maandelikse lektuurbestelvorm (S-AB-14) doen.
◼ Aan presiderende opsieners: Ons nooi julle om enige uitsonderlike ondervindinge wat julle gemeente in die loop van die jaar geniet het aan die Genootskap te stuur, met inbegrip van ondervindinge oor hulppionierdiens en die spesiale tydskrifdag, 3 April 1993. Ons wil die beste uit ons veld vir die jaarverslag kies. Dit moet ons asseblief nie later as 1 Julie 1993 bereik nie.
◼ Gemeentelike sekretarisse moet reël dat paragrawe 44 tot 55 van die Pryslysinstruksies (S-15) gedurende hierdie maand met die rekening- en tydskrifknegte bespreek word, en maak seker dat die betrokke broers die inligting daarin ten volle begryp. As julle enige vrae oor tydskrifbestellings het of nie ’n eksemplaar van die S-15 het nie, moet julle asseblief met die Genootskap in aanraking kom.
◼ Ons wil graag alle gewone pioniers wat nog nie die Pionierdiensskool bygewoon het nie vroegtydig daaraan herinner dat die skool gedurende November en aan die begin van Desember 1993 gehou gaan word. Tref asseblief definitiewe reëlings om die Pionierdiensskool in November by te woon. In die verlede het sommige sonder ’n goeie rede van hierdie reëling af weggebly. Ons wil nie hê enige pionier moet die skool mis nie. Die kringopsiener sal vir julle meer inligting stuur.
◼ Bethel het die dienste van ’n gekwalifiseerde verpleegster nodig. As jy in hierdie behoefte kan voorsien, moet jy asseblief aan die Genootskap skryf en om ’n Bethelaansoekvorm vra.
◼ Hiermee stel ons alle gemeentes op die Genootskap se afleweringsroetes in kennis dat Ons Koninkryksbediening van nou af saam met die lektuur en tydskrifte afgelewer sal word in alle gevalle waar dit ’n beter diens sal beteken. Dit sal moontlik soms nog nodig wees om Ons Koninkryksbediening per pos te stuur. Maar dit sal net gedoen word waar die posdiens vinniger as die Genootskap se diens is. Maak asseblief seker dat julle julle voorraad gereeld by die depot afhaal.
◼ Die Genootskap werk nou aan ’n CD-ROM om saam met rekenaars te gebruik. Dit is ’n laserskyf met leesalleengeheue. Dit sal ’n mens in staat stel om enige verwysing in die New World Translation, die Insight-boeke, The Watchtower van 1950 tot 1993 en baie ander van ons publikasies waarvan reproduksie verbode is op ’n rekenaarskerm te sien. Die CD-ROM sal ’n veelsydige program insluit wat deur die Genootskap ontwerp is om deur daardie publikasies te soek. Die gepaste apparaat om CD-ROMs te lees, sal nodig wees. Hierdie CD-ROM behoort vroeg volgende jaar beskikbaar te wees. Moet asseblief nie aan die Genootskap vir inligting skryf of hulle skakel nie. Wanneer die tegniese inligting gefinaliseer is, sal ons ’n brief aan alle gemeentes stuur met besonderhede oor die toerusting wat nodig is om hierdie nuwe CD-ROM te gebruik.
Engels: The Bible—Accurate History, Reliable Prophecy (gemeente en publiek: R45,00; pioniers: R40,00).