Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/92 bl. 4-5
  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1992
Ons Koninkryksbediening—1992
km 12/92 bl. 4-5

Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 7 September tot 21 Desember 1992. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.

[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer hê nie.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. Dit is die beste om ’n toespraak te memoriseer sodat ’n mens glad nie no-tas hoef te gebruik nie. [sgAF bl. 63 par. 17]

2. As ’n mens jou stemgehalte wil verbeter, is dit goed om na ’n opname van jou eie stem te luister. [sgAF bl. 64 par. 3]

3. Ons hoef nie taktvol te wees wanneer ons met ongelowige familielede praat nie. [sgAF bl. 72 par. 12]

4. Beskouingsvrae is baie nuttig as ons iemand se hart wil bereik. [sgAF bl. 76 par. 10]

5. Deur in die vrystad te bly, sou dit die onopsetlike doodslaner die erns van wat hy gedoen het op die hart druk, asook hoe barmhartig Jehovah is om hom in hierdie toevlugsoord toe te laat (Jos. 20:6). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ook wAF73 bl. 350.]

6. Volgens die verslag in Rigters 6:37-39 was Gideon oorversigtig. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ook wAF88 4/1 bl. 30.]

7. Hoewel Manoag God nie werklik gesien het nie, was hy van mening dat hy het, omdat hy die gematerialiseerde engelwoordvoerder vir God aangesien het (Rigt. 13:22). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ook wAF88 5/15 bl. 23.]

8. Samuel en sy seuns word gewoonlik nie onder die rigters getel wat ná Josua gedien het nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ook wAF86 6/1 bl. 31.]

9. Hoewel Samuel nie ’n priester was nie, het hy reg opgetree toe hy, soos die verslag in 1 Samuel 10:8 toon, offerandes gebring het. [Weeklikse Skrifge-deelte; sien ook wAF71 bl. 501.]

10. Deur aan Dawid sy klere, sy swaard, sy boog en sy gordel te gee, het Jonatan sy erkenning van en onderdanigheid aan Dawid getoon as die een wat gesalf is om koning te wees (1 Sam. 18:3, 4). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF89 1/1 bl. 24 par. 4.]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Waarom het Jehovah tereg beveel dat die Baälaanbidders uitgewis moes word? [siAF bl. 47 par. 7]

12. Wat is twee voordele van ex tempore-voordrag? [sgAF bl. 59-60 par. 5-7]

13. Hoe kan takt omskryf word? [sgAF bl. 69 par. 2]

14. Waarom moet ons meer probeer doen as om net kennis oor te dra wanneer ons ander leer? [sgAF bl. 75 par. 7, 8]

15. Wat behels ’n gesprek benewens dat ’n mens praat? [sgAF bl. 79 par. 3]

16. Wat kan ons persoonlik daaromtrent doen as die geselskap van ’n groep nie meer opbouend is nie? [sgAF bl. 83 par. 22]

17. Kan Debora in die lig van Rigters 4:4 as een van die rigters van eertydse Israel beskou word? Verduidelik. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF86 6/1 bl. 31.]

18. Waarom het Simson na ’n prostituut se huis in die Filistynse stad Gasa gegaan? (Rigt. 16:1). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ook wAF81 2/1 bl. 31.]

19. Waarom het Jehovah ‘berou gekry dat hy Saul koning gemaak het’? (1 Sam. 15:10, 11). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ook gAF77 6/22 bl. 23.]

Voorsien die woord of frase wat nodig is om elk van.die volgende verklarings te voltooi:

20. Die buitengewone, bomenslike gebeure wat in Josua 10:10-14 opgeteken is, is kragtige herinneringe aan ․․․․․․․. [siAFbl. 45 par. 23]

21. ’n Mens se mond moet gewoonlik ․․․․․․․ sentimeter van die mikrofoon af wees. [sgAF bl. 68 par. 19]

22. Met behulp van God se gees kan ons geestelik so sterk wees soos ․․․․․․․ fisies was as ons maar net tot Jehovah bid en op hom steun. [siAF bl. 50 par. 27]

23. Die boek Rut lê nadruk op Jehovah se voorneme om ․․․․․․․ voort te bring. [siAF bl. 51 par. 1]

24. Die verslag in Rigters 19:15 vertel van ’n ongewone geval waar Israeliete versuim het om die gebruiklike ․․․․․․․ te betoon. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ook w75 bl. 359.]

25. God se wet oor ․․․․․․․ kan nie in ’n noodgeval geïgnoreer word nie (1 Sam. 14:31-34). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ook wAF86 9/1 bl. 25.]

Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:

26. Die boek Rigters is in (ca. 1090; ca. 1100; 1078) v.G.J. voltooi. [si AF bl. 46 par. 3 en venster]

27. (Rut; Ragab; Debora) het haar vaderland verlaat om die aanbidding van Jehovah te beoefen en het haarself as lojaal, onderdanig en ’n gewillige werker bewys. [siAF bl. 52 par. 9]

28. In die jaar (917; 1017; 1117) v.G.J. het daar ’n gewigtige verandering in Israel se nasionale organisasie plaasgevind. [siAF bl. 53 par. 1]

29. Die skrywers van 1 Samuel was (Samuel; Gad; Natan; Dawid; Saul). [siAF bl. 53 par. 2]

30. (Manoag; Eli; Saul) was iemand wat sy gesinslede meer as vir God geëer het (1 Sam. 2:29, 30). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF87 12/15 bl. 16 par. 8.]

Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:

Jos. 22:9-31; Rigt. 8:23; Rut 2:9; 1 Sam. 21: 13-15; Ef. 5:3, 4

31. God se Woord rig ons met betrekking tot watter soort spraak ons in ons daaglikse lewe moet vermy. [sgAF bl. 56 par. 9]

32. Jehovah keur dit nie goed dat vroue die slagoffers van seksuele molestering gemaak word nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ook wAF87 3/15 bl. 5.]

33. Wanneer ons voor probleme te staan kom, verwag Jehovah dat ons ons geesvermoëns gebruik en nie net wag dat hy ons probleme vir ons oplos nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ook wAF87 4/15 bl. 19 par. 14.]

34. Onvolmaakte mense moet die versoeking weerstaan om mag te misbruik. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ook wAF86 8/15 bl. 11 par. 13.]

35. Onderskeidingsvermoë sal ons help om nie slegte motiewe aan ander se optrede toe te skryf nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ook wAF86 11/1 bl. 23 par. 10.]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel