Teokratiese nuus
Suid-Afrika: Altesaam 12 498 verkondigers, pioniers en tydelik spesiale pioniers het verlede jaar aan die ontoegekendegebied-kampanje deelgeneem. Hierdie bedienaars het 140 556 uur in die bediening deurgebring. Hulle het 11870 boeke, 38 159 boekies en 65 800 tydskrifte geplaas en 274 intekeninge verkry. Hulle het 13 906 herbesoeke gedoen en 1 859 Bybelstudies gehou. Ons moedig julle aan om waar moontlik hierdie uitstekende werk voort te sit deur kontak met belangstellendes te behou. Augustus, September en Oktober word weer hierdie jaar opsygesit vir die ontoegekendegebied-kampanje.