Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/91 bl. 1-7
  • Besef jy hoe nuttig dit is?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Besef jy hoe nuttig dit is?
  • Ons Koninkryksbediening—1991
Ons Koninkryksbediening—1991
km 12/91 bl. 1-7

Besef jy hoe nuttig dit is?

1 Sedert My boek met Bybelverhale in 1978 vrygestel is, is dit ’n waardevolle hulpmiddel vir ouers sowel as kinders. Van ons tak alleen is daar al 627 846 eksemplare vir verspreiding uitgestuur. Ouers het dit met groot sukses gebruik om hulle kinders te leer, en baie van ons kinders was baie gretig om die inhoud hulle eie te maak.

2 ’n Ouer het onlangs geskryf: “Nog voordat ons seun Vaughan twee was, het die Bybelverhaleboek hom geboei. Hy het baie van die prente gehou en het nie gaan slaap voordat ons eers vir hom ’n verhaal gelees het nie. Toe hy omtrent twee en ’n half was, het hy na die verhale op die bandopnemer begin luister. Hy het geleer om die kasette self in te sit en om te draai. Hy het heeldag na die verhale geluister en hulle oor en oor gespeel, en het dikwels in sy boek gevolg deur na die ooreenstemmende prente in sy boek te kyk. Nou, op die ouderdom van vier, ken hy al die verhale. Hy kan baie dele uit sy kop uit opsê. Hy geniet dit ook om die prente aan sy sussie van agttien maande te verduidelik, wat net so lief is vir haar boek.”

3 Watter uitwerking het al hierdie onderrigting op hierdie jong verstandjie gehad? Sy pa sê: “Wanneer vrae oor leuens, ongehoorsaamheid en ander beginsels ontstaan, herinner ons Vaughan aan ’n verhaal waar die betrokke beginsel bespreek word, en hy snap die punt dadelik. En hy het nou in sy gebede begin om vir Jehovah dankie te sê dat hy Jesus na die aarde toe gestuur het.”

4 Jy het moontlik nie self klein kindertjies nie. Maar jy kan dalk saam met die kinders in die gemeente werk. Wanneer aangestelde knegte in die gemeente persoonlike belangstelling in jong Christene toon, moedig dit hulle aan en motiveer dit hulle (Spr. 27:23). Kan jy, veral in die velddiens, meer tyd saam met die kinders deurbring?

5 Bied die Bybelverhale-boek aan: Ons gaan gedurende Desember My boek met Bybelverhale aanbied. Ons wil almal in die gemeente aanmoedig om soveel tyd moontlik in die veldbediening deur te bring en die boek aan te bied, aangesien dit ’n publikasie is wat by jonk en oud byval vind.

6 Ons wil julle jongmense aanmoedig om ’n spesiale poging aan te wend om die publikasie in Desember vir julle skoolmaats aan te bied voordat die skoolvakansie begin, en om saam met julle ouers en ander in die gemeente aan die velddiens deel te neem.

7 Soms het kinders net ’n bietjie aanmoediging nodig om die inisiatief te neem om die goeie nuus aan ander mee te deel. Dit word getoon deur die ondervinding van ’n vyfjarige seuntjie in die westelike deel van Kenia wat gesê het dat hy ’n spesiale pionier wil word. Sy ma het vir hom gesê dat hy nie eens ’n gewone pionier kan wees nie omdat hy nie ’n Bybelstudie het nie. Sy ma het voorgestel dat hy sy maats uit sy eksemplaar van My boek met Bybelverhale leer. Die vyfjarige het sy Bybelverhale-boek gaan haal en al sy maats genooi om die Bybel saam met hom te studeer. Met watter resultaat? Hy het ’n groep van tien bymekaargemaak met wie hy kon studeer. Hy het die prente goed gebruik, talle deurdringende vrae gevra en hersieningsvrae aan die einde van die studie gevra. As hulle nie kon onthou nie, het hy die materiaal weer met hulle bespreek. Die ma sê dat dit ’n ware vreugde was om al hierdie kinders buite voor haar huis te sien sit terwyl hulle saam studeer! Dit het die ma, sowel as die gemeente, nog groter vreugde verskaf om te sien hoe agt van hierdie kinders gemeentelike vergaderinge bywoon. Die ander twee was nog te klein.

8 Ouers, bespreek van die voorgestelde aanbiedings met julle kinders. Help hulle om die tekste in die Onderwerp vir gesprekke te gebruik. Wys die kinders hoe om goeie huis-tot-huisverslae te hou sodat hulle kan teruggaan na diegene wat belangstelling getoon het. Help hulle om Bybelstudies in die boek te begin en help hulle, as dit nodig is, wanneer hulle een begin het.

9 Laat ons waardering vir hierdie puik publikasie ons beweeg om dit by elke geleentheid aan te bied en dit te gebruik om gedurende Desember meer Bybelstudies te begin.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel