Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/93 bl. 3
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom moet jy gedoop word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Doop — ’n Vereiste vir Christene
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Wat dit beteken om gedoop te word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2026
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 9/93 bl. 3

Vraebus

◼ Hoe kan diegene wat doopplegtighede bywoon hulle vreugde toon?

Doop is ’n vreugdevolle geleentheid. Dit verskaf ons groot vreugde om te sien hoe nuwelinge hulle standpunt vir Jehovah inneem en hulle geloof in die openbaar bekend maak (Ps. 40:9). Jesus het gesê dat dit ’n rede tot groot vreugde in die hemel is (Luk. 15:10). Familielede en verkondigers wat gestudeer het met dié wat gedoop word, is veral verheug om te sien hoe nuwelinge hierdie noodsaaklike stap doen. Maar hoe kan sulke vreugde op ’n gepaste wyse getoon word?

Jesus se doop het die voorbeeld gestel vir hedendaagse Christelike doopplegtighede. Hy het besef dat hy op die punt was om ’n ernstige en plegtige stap te neem. Hy het gebid terwyl hy gedoop is (Luk. 3:21, 22). Hy het geweet dat die doop ’n tyd vir bepeinsing en nugtere denke is. Sy dissipels het ook besef hoe belangrik die doop is. Nadat die heilige gees op Pinkster 33 G.J. uitgestort is, is daar ongeveer 3000 gedoop. Wat was die reaksie van die dissipels wat daardie gebeurtenis gesien het? “Hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede” (Hand. 2:41, 42). Die dissipels het geestelike dinge bedink en gasvryheid teenoor mekaar betoon.

Die hoogtepunt by hedendaagse Christelike byeenkomste is die doopplegtigheid. Dit is sekerlik gepas dat ons vreugde toon deur hande te klap en persone te prys wanneer hulle hulle standpunt vir Jehovah inneem. Dit sal egter onvanpas wees om iemand onbeteueld toe te juig, te fluit, die arms bo die kop te waai en name uit te roep. Sulke gedrag toon ’n gebrek aan waardering vir die erns en heiligheid van hierdie blyk van geloof. Dit sal ewemin gepas wees om ’n openbare vertoon te maak deur vir die gedooptes blomme of ander geskenke te gee wanneer hulle uit die swembad klim. Die doop is die begin van die Christelike wedloop om redding. Ons kan bly wees en diegene wat gedoop word aanmoedig deur hulle te help om die intieme verhouding met Jehovah te waardeer wat die doop vir hulle moontlik maak.

Die doopterrein is nie ’n gepaste plek om te skerts, te speel, te swem of enigiets anders te doen wat aan die erns van die geleentheid afbreuk sal doen nie. Ons vreugde moet op ’n waardige wyse getoon word. Ons ordelikheid en erns sal bydra tot die vreugde van almal teenwoordig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel