Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/90 bl. 3-4
  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1990
Ons Koninkryksbediening—1990
km 12/90 bl. 3-4

Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 3 September tot 24 Desember 1990. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.

[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronverwysing ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer hê nie.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. Jakobus se brief wat geloof uit werke aanmoedig, weerspreek Paulus se brief aangaande redding deur geloof en nie uit werke nie. [si bl. 246 par. 6]

2. Eerste Johannes is blykbaar vir alle Christene bedoel, en nie vir ’n bepaalde gemeente nie. [si bl. 255 par. 5]

3. Elkeen wat uit God gebore is, doen nie ’n sonde nie. [si bl. 255 par. 10]

4. “Die uitverkore vrou” aan wie Tweede Johannes gerig is, kan heel moontlik na ’n Christengemeente verwys (2 Joh. 1:1). [si bl. 256 par. 1]

5. Derde Johannes gee ons ’n interessante kykie op die verhouding wat daar tussen gemeentes en reisende opsieners bestaan. [si bl. 258 par. 3]

6. Judas het munt geslaan uit die feit dat hy Jesus Christus se halfbroer was. [si bl. 259 par. 2]

7. Die profesieë oor die redding van Israel word nie deur vleeslike Israel nie, maar deur die Christengemeente vervul (Romeine, hoofstukke 9-11). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 8/1 bl. 24.]

8. Jehovah ‘gee die uitkoms’ deur die versoeking weg te neem (1 Kor. 10:13). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF74 bl. 432.]

9. Die “littekens” waarvan Paulus praat, is moontlik merke gelaat deur die liggaamlike mishandeling wat hy ontvang het (Gal. 6:17). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 11/15.]

10. Die ‘vereniging van alle dinge wat op die aarde is’, sal voortduur totdat diegene in die gedenkgrafte Jesus se stem hoor en uitkom (Ef. 1:10). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 11/15.]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Watter raad gee Jakobus oor sonde? [si bl. 248 par. 14]

12. Watter gesindheid moet Christene volgens Eerste Petrus hê? [si bl. 250 par. 9]

13. Noem een van die kragtige illustrasies wat Petrus gebruik het om te toon dat God se oordele teen valse profete en leraars gewis voltrek sal word, [si bl. 252 par. 5]

14. Hoe word die Antichris geïdentifiseer? [si bl. 255 par. 7]

15. Hoofsaaklik waarna verwys die “openbare bekendmaking” wat in Romeine 10: 9,10 gemeld word? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF88 1/1 bl. 22 en 6/15 bl. 29.]

16. Op watter twee maniere kan die ouere manne die erns van God se raad om “net in die Here” te trou onderstreep? (1 Kor. 7:39). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF82 6/1 bl. 30.]

17. Wat is die “vurige pyle” wat ons geloof beproef? (Ef. 6:16). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 11/15.]

18. Wat was “die doel” wat Paulus nagejaag het? (Filip. 3:13, 14). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 11/15.]

Voorsien die woord of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:

19. Jakobus het gemaan dat ons pleks van oor ons planne te roem, eerder moet sê ․․․․․․․ sal ons dit of dat doen. [si bl. 247 par. 12]

20. Pleks van ongeduldig te wees aangaande die koms van Jehovah se dag, moet ons sy geduld beskou as iets wat tot ․․․․․․․ vir baie ander lei. [si bl. 253

par. 7]

21. Daar word oor die algemeen geglo dat Johannes se drie briewe teen ․․․․․․․ voltooi is en dat hulle naby ․․․․․․․ geskryf is. [si bl. 254 par. 2]

22. Toe Judas getoon het dat goddelose mense nie die heerlike wesens moet laster nie, het hy die aandag gevestig op die goeie voorbeeld van ․․․․․․․. [si bl. 260 par. 6]

23. Volgens Romeine 13:1 bestaan wêreldlike heersers slegs omdat God dit ․․․․․․․. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 8/1 bl. 24.]

24. Toe ․․․․․․․ hom van die nie-Joodse gelowiges in Antiochië afgesonder het uit vrees vir die Joodse Christene uit Jerusalem het ․․․․․․․ hom tereggewys. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 11/15.]

25. Paulus het die Filippense gerusgestel aangaande ․․․․․․․ wat baie siek was. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 11/15.]

Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:

26. Eerste Petrus is geskryf toe Petrus in (Rome; Jerusalem; Babilon) was. [si bl. 249 par. 5]

27. Tweede Petrus is waarskynlik omstreeks (56; 64; 70) G.J. geskryf. [si bl. 252 par. 3]

28. Party in die Korinthiese gemeente is moontlik deur (Griekse filosofie; emo-sie; die Hebreeuse Skrifte) beïnvloed om te sê dat daar geen opstanding van die dode is nie (1 Kor. 15:32). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 9/15 bl. 25.]

29. In 2 Korinthiërs 3:18 sinspeel Paulus op ’n ondervinding van (Moses; Josua; Elia). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 9/15 bl. 26.]

30. Paulus meld die puik voorbeeld van die (Korinthiërs; Macedoniërs; Efesiërs) omdat hulle materieel uitermate vrygewig was. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 9/15 bl. 27.]

Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:

Rom. 7:4; 1 Kor. 4:9; 14:40; 2 Kor. 6:7; 1 Pet. 3:21

31. God maak voorsiening vir redding deur die doop en deur die opstanding van Jesus Christus. [si bl. 250 par. 8]

32. Hoewel Paulus en sy medewerkers van alle kante aangeval is, was hulle vir geestelike oorlogvoering toegerus. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 9/15 bl. 27.]

33. Paulus het op die dood in die arena gesinspeel. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 9/15 bl. 24.]

34. Ons sal God verheerlik as ons vergaderinge goed georganiseerd is. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 9/15 bl. 25.]

35. Jesus se dood het gelowige Jode van onderworpenheid aan die Wet bevry. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 8/1 bl. 24.]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel