Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/90 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1990
Ons Koninkryksbediening—1990
km 9/90 bl. 3

Aankondigings

● Lektuuraanbod vir September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R7,50. Klein uitgawe kos R3,75. Oktober: Intekening op Ontwaak! of Die Wagtoring, of op albei, teen ’n bydrae van R12,00 elk. November: Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk en Moet jy aan die Drie-eenheid glo? of “Kyk, Ek maak alles nuut” teen ’n bydrae van R4,50. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures en Should You Believe in the Trinity? of “Look! I Am Making All Things New” teen ’n bydrae van R10,75.) Desember: My boek met Bybelverhale teen ’n bydrae van R7,50.

● LET WEL: Die korrekte datum vir die streekbyeenkoms in Johannesburg is 20-23 Desember 1990.

● Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel word, moet die gemeenterekeninge op 1 September of so gou moontlik daarna ouditeer.

● Dit is belangrik dat broers wat groot toere beplan of busse huur om Bethel te besoek eers aan die Bethelkantoor moet skryf. Laat ons asseblief weet hoeveel kom en op watter datums. Briewe wat aan Bethel gestuur word, moet aan Wagtoring, Bethelkantoor, Privaatsak 2067, Krugersdorp, 1740, gerig word. Weens die baie toere wat deur Bethel gaan, is dit nou nodig om toertye vas te stel. Hierdie tye sal as volg wees: 9:00 vm., 10:15 vm., 11:00 vm., 2:00 nm. en 3:00 nm. gedurende weekdae. Op Saterdae sal daar slegs toere in die oggend om 9:00 vm. en 10:15 vm. wees.

● Die Bethelhuis en -fabriek sal op Saterdag, 13 Oktober 1990, gesluit wees vir skoonmaakwerk. Daar sal dus geen reëlings vir toere wees nie.

● Gedurende die kringopsiener se volgende besoek wat in September 1990 begin, sal hy tyd saam met die gemeentelike sekretaris en rekeningkneg bestee om die boekhoumetodes saam met hulle na te gaan. Hierdie persoonlike hulp van die kringopsiener sal help verseker dat die gemeenterekeninge behoorlik behartig word volgens die Genootskap se instruksies om gemeenteverslae te hanteer.

● Nuwe publikasies beskikbaar:

Insight on the Scriptures, Deel 1 (gemeente en publiek: R18,25; pioniers: R15,50)—Italiaans

Watch Tower Publications Index 1986-1989 (gemeente en publiek: R4,00; pioniers: R2,50)—Engels

● Nuwe kassetopnames beskikbaar:

Album van die Hebreeuse Skrifte—Deel 3, Spreuke tot Maleagi (18 kassette in ’n album; gemeente en publiek: R90,00; pioniers: R64,00)—Engels

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel