Teokratiese Nuus
♦ Gedurende die eerste sewe maande van 1989 is 18 Koninkryksale toegewy. Daar is 25 sale in aanbou en nog baie in die beplanningstadium. Dankie vir julle liefdevolle arbeid. Julle samewerking sal beteken dat ten minste 7 ander sale teen die einde van die jaar voltooi kan word. Tree asseblief met die Genootskap of die naaste Streekboukomitee in verbinding as jy in enige opsig kan help.
♦ ’n Hoogtepunt van 16 147 verkondigers is gedurende April in Denemarke bereik. Daar was 3 414 wat aan die hulppionierdiens deelgeneem het.
♦ Thailand het in April ’n hoogtepunt van 1 057 verkondigers bereik. ’n Onlangse reeks kringbyeenkomste is deur 1 500 bygewoon, en 25 is gedoop.