Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Julie en Augustus: Is die Bybel werklik die Woord van God? en “Kyk, Ek maak alles nuut” teen ’n bydrae van R1,60. Vir krediet moet ouere manne riglyne in Ons Koninkryksbediening vir Januarie 1989 raadpleeg. (Engels: Enige van die volgende brosjures van tydskrifgrootte teen ’n bydrae van 60c: Enjoy Life on Earth Forever!, The Government That Will Bring Paradise, “Look! I Am Making All Things New”, of The Divine Name That Will Endure Forever.) September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R6,00. Klein uitgawe is R3,00. Oktober: Intekening op Ontwaak! of Die Wagtoring of op albei.
• Enigiemand wat planne maak om vanaf 1 September 1989 aan die gewone pionierdiens deel te neem, moet sonder versuim ’n aansoekvorm invul en aan die ouere manne gee om na te gaan. Nadat die aansoekvorm deur die Gemeentelike Dienskomitee goedgekeur en onderteken is, moet dit vroeg in Augustus aan die Genootskap gepos word. As goedgekeurde aansoeke vroeg gestuur word, sal dit nie nodig wees om versoeke te rig dat aanstellingsdatum vervroeg moet word nie. Kyk byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986, paragrawe 21-26.
• Vanaf September sal kringopsieners die openbare toespraak, “Hoe om die kwaad deur die goeie te oorwin”, hou.
• Aangesien daar ’n beperkte getal ouere manne in Namibië is, word ouere manne wat hulle sake so kan reël, genooi om die “Godvrugtige Toegewydheid”—Streekbyeenkoms in Windhoek, 8-10 Desember 1989, by te woon. Skryf asseblief so gou moontlik aan die Genootskap as julle dit kan bywoon.
• STREEKBYEENKOMSTE: Dit is vir ons ’n genoeë om die datums, stede en aangewese kringe vir ons “Godvrugtige Toegewydheid”—Streekbyeenkomste vir 1989 te gee.
1-3 Desember: St. Helena.
8-10 Desember: Windhoek, Namibië-kringe 1A, B.
15-17 Desember: Bloemfontein, Kringe 7A, 14A, B, 21A, B, 41A, B. Kaapstad, Kringe 6A, B, C, D, 10A, B, C, D, 38A, B, 48A, B, C. Johannesburg, Kringe 1A, B, C, 2A, B, C, D, 7B, 11, 12, 13, 49A, B. Mafikeng, Kringe 14A, B, 39A, B, 47A, B. Manzini, Swaz.-kringe 1, 2. Nkowankowa, Kringe 17, 18, 19, 20 (Tsonga- en Venda-afdelings).
24-26 Desember: Durban, Kringe 4A, B, C, 8A, B, C, 24, 25, 26, 28, 29, 30, 31 (Zulu-afdeling), 45 (Suid), 51A, B. Gaborone, Bots.-kringe 1A, B. Maseru, Les.-kringe 1, 2. Mdantsane, Kringe 34A, 36A, B, 37A, B.
30 Desember-1 Januarie: Kanyamazane, Kringe 18, 19, 20 (Zulu-afdelings). Newcastle, Kringe 22 (Suid), 23, 27, 42, 45 (Noord). Port Elizabeth, Kringe 5A, B, C, 9A, B. Pretoria, Kringe 3A, B, C, 7C, 15A, B, 16A, B, 17 (Sepedi-afdeling), 19A, B (Sepedi-afdeling), 40A, B, C, 46A, B, 50A, B. Umtata, Kringe 31 (Xhosa-afdeling), 32, 33, 34B, 35, 43, 44.
• Lapelkaarte vir 1989-Streekbyeenkoms kan bestel word. Gemeente se lektuurrekening sal met 5c per kaart gedebiteer word. Dit is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu. Gemeentes met nadelige saldo’s op hulle lektuurrekening moet geld saam met hulle bestellings stuur.
• Nuwe publikasies beskikbaar:
Verenig in die aanbidding van die enigste ware God—Hebreeus
• ’n Gerieflike, leë album met ruimte vir agt kassette is nou beskikbaar om julle Kingdom Melodies-kassette in te hou.
Kingdom Melodies-album (sonder kassette) (gemeente en publiek: R15,00; pioniers: R12,00)