Teokratiese Nuus
♦ Ons het nou aan die einde van nog ’n suksesvolle jaar in die oprigting van Koninkryksale gekom. Vanaf September tot Desember is agt Koninkryksale in die Swart veld en twee in die Kleurlingvelde toegewy. Hierdie gemeentes en naburige gemeentes het baie hard gewerk om hulle Koninkryksale so gou moontlik te bou, soms met beperkte geldmiddele. Ons waardeer die opofferings wat talle gemaak het. Weet jy van ’n Koninkryksaalprojek in jou omgewing? Sal jy dit op die een of ander manier kan ondersteun? Enige hulp wat jy kan gee, sal die Koninkrykswerk bevorder.
♦ Geen broers in Jamaika is dood of ernstig beseer in die orkaan Gilbert nie. Noodlenigingsvoorrade is gestuur om diegene te help wat materiële verliese gely het. Die broers in die Kaaimanseilande het min verliese gely.
♦ Argentinië het die diensjaar afgesluit met ’n hoogtepunt van 71 774 verkondigers. Daar is gedurende Augustus 88 015 Bybelstudies gehou.