Mediese inligfingsdienste
Ons is bly om julle te verwittig van die Genootskap se reëling dat mediese inligting by die tak asook by die hoofsentrums in die veld bekom kan word. Hierdie diens voorsien ons broers net van name van geneeshere wat bereid is om operasies sonder die gebruik van bloed te doen. In die meeste gevalle reël broers en susters wat ’n operasie nodig het dit deur hulle eie dokters.
Die tak se afdeling wat Mediese Dienste behartig, is nie daar om vir jou ’n nuwe dokter te vind omdat jy getrek het of jou vorige dokter afgetree of gesterf het nie. Jy kan in jou eie gemeente die name van dokters vra waarheen die plaaslike broers vir algemene mediese behandeling gaan.
Twee jaar gelede het die Genootskap met ’n hospitaalbesoekprogram in Suid-Afrika begin. Bekwame broers is aangewys om die hospitaalowerhede te besoek met die doel om hulle ten volle in te lig oor die standpunt van Jehovah se Getuies ten opsigte van bloed en die redes hiervoor. Die reaksie was oor die algemeen baie goed. Een dokter het gesê: ‘Die kwessie van bloedoortappings en Jehovah se Getuies is breedvoerig by die hospitaal se maandelikse vergadering met die departementshoofde bespreek.’ Die aanspreeklikheidsverklaring is bespreek, en hy het gesê dat hierdie dokument heeltemal aanvaarbaar vir die dokters en personeel is. (Kyk Blood-boekie, bl. 29.) Ons vertrou dat die broers wat aangewys is om al die belangrike hospitale te besoek hulle besoeke nou afgehandel het.
Daar is ’n beroep gedoen op elke stadsopsiener en ouere manne in ander hoofsentrums om ’n bygewerkte mediese leer te he, wat ’n lys bevat van dokters in hulle gebied wat bereid is om operasies sonder die gebruik van bloed te doen. Daar moet ook in elke gemeente ’n ouere man wees wat deur die liggaam van ouere manne aangestel is om die broers met mediese Probleme by te staan. Maar as jy in ’n noodgeval nie die nodige informasie kan bekom nie, kan jy gerus die Genootskap bei en vra vir die afdeling wat mediese aangeleenthede behartig. Hierdie afdeling sal jou voorsien van beskikbare inligting sonder om enige spesifleke dokter vir ’n sekere operasie aan te beveel.
Maak asseblief seker dat jy altyd jou “Medical Document” saam met jou dra en dat al die nodige besonderhede daarop ingevul is. As jy ’n operasie moet ondergaan wat die risiko van ’n bloedoortapping inhou, moet jy asseblief seker maak dat jy elke voorsorg-maatreël getref het om te verhoed dat jy ’n bloedoortapping ontvang.
Ons bid saam met julle dat hierdie reëling ’n beskerming en hulp vir ons broers sal wees.—Johannes 13:35.