Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Julie: Oorlewing tot in ’n nuwe aarde of Geluk—hoe om dit te vind teen ’n bydrae van R2,00 elk. (Hierdie publikasies is nie meer in Engels by die Genootskap beskikbaar nie. As julle gemeente dit nie in voorraad het nie, kan julle “Kingdom Come” of True Peace teen ’n bydrae van R2,00 elk aanbied.) Augustus: Enige twee van die volgende publikasies teen ‘n bydrae van R2,00 elk: “Die nasies sal weet dat ek Jehovah is”—Hoe?, “Dinge waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg” en Van die verlore paradys tot die herwonne paradys. Pioniers kan hierdie boeke teen R1,00 per eksemplaar bekom. Krediet vir die ‘Nasies’- en ‘Dinge’- boeke wat deur verkondigers en pioniers geneem word, kan in die “Pioneer Credit Request”-kolom op die “Remittance and Credit Request”-vorm aangevra word. (Engels: Een van die volgende tydskrifgrootte brosjures met 32 bladsye teen 60c elk: Enjoy Life on Earth Forever!, The Divine Name That Will Endure Forever of The Government That Will Bring Paradise.) September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R5,00 vir die groot uitgawe en R2,50 vir die klein uitgawe. Oktober: ’n Jaarintekening op of Ontwaak! of Die Wagtoring of: albei.
• Die Genootskap sal nie meer ’n jaarlikse voorraad vorms vir gemeentes stuur nie. Elke gemeente moet hulle jaar se voorraad self bestel deur die lektuurbestelvorm (S-14) te gebruik. Alle vorms moet spaarsaam en net vir hulle spesifieke doel gebruik word.
• Streekbyeenkomslapelkaarte vir 1988 sal gedurende Augustus na gemeentes gestuur word. Dit is nie nodig om dit te bestel nie. Besendings in pakkies van 20 sal volgens die grootte van elke gemeente wees, en die lektuurrekening sal gedebiteer word met vier sent per kaart.
• Aangesien daar ’n beperkte aantal ouere manne in Suidwes-Afrika is, word ouere manne wat hulle sake so kan reël, genooi om die “Goddelike Geregtigheid”-Streekbyeenkoms in Windhoek, 8-11 Desember 1988, by te woon. Stel die Genootskap asseblief so gou moontlik in kennis as jy dit kan doen.
• Vanaf September sal kringopsieners die openbare toespraak “Menigtes word deur Jehovah geleer” hou. Dit sal ’n skyfietoespraak wees. Die openbare toespraak wat die streekopsieners sal hou tydens die nuwe reeks kringbyeenkomste wat in September begin, bet die titel: “Waarom moet ons die ware God vrees?”
• Gemeentelike Boekstudies sal gedurende die week van 15 Augustus 1988 die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? begin bespreek. Boekstudiehouers moet vrae voorberei oor materiaal waarvoor daar geen vrae is nie, soos die wat op bladsye 13, 14; 35, 36; 52, 55,68,69; 112,113; 148-150; 164,165; 171 en 228 gevind word.
• Permanent uit voorraad in Suid-Afrika:
1988 Yearbook of Jehovah’s Witnesses—Engels
“Hierdie goeie nuus van die Koninkryk”—Sepedi
’n Veilige toekoms—Hoe jy dit kan vind—Tswana Ondersoek die Skrif elke dag—1988—Engels
Kalender van Jehovah se Getuies vir 1988—Afrikaans, Engels, Suid-Sotho