Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/88 bl. 4
  • Teokratiese Nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Teokratiese Nuus
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Teokratiese Nuus
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Teokratiese nuus
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Teokratiese Nuus
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Teokratiese Nuus
    Ons Koninkryksbediening—1988
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 6/88 bl. 4

Teokratiese Nuus

♦ Gedurende die eerste vier maande vanjaar het drie gemeentes hulle Koninkryksale toegewy: Toekomsrus (Randfontein), Zimbane (Umtata) en Ga-Rankuwa (naby Pretoria). Ongeveer 20 Koninkryksale word vanjaar gebou. Kan jy jou hulp aanbied? Indien wel, kan jy met jou naaste Streeksboukomitee of met die Genootskap in verbinding tree. Jou hulp sal hoog op prys gestel word.

♦ Birma het in Januarie ’n hoogtepunt van 1 552 verkondigers gehad. Dit was goed om te sien dat hulle vier “Vertrou op Jehovah”-Streekbyeenkomste deur 2 216 bygewoon is en dat 58 gedoop is.

♦ Die Duitse Bondsrepubliek het vir Januarie ’n hoogtepunt van 122 608 verkondigers gerapporteer. Bybelstudie werk maak steeds vinnig vordering, met ’n hoogtepunt van 60 566.

♦ Die eiland Guam het gedurende Januarie ’n hoogtepunt van 278 verkondigers bereik, ’n vermeerdering van 8 persent oor verlede jaar se gemiddelde.

♦ Ierland berig vir Januarie hulle vyfde agtereenvolgende verkondigerhoogtepunt van 2 795. Gemeenteverkondigers het gemiddeld 13,2 uur in die velddiens deurgebring.

♦ Madagaskar se hoogtepunt van 2 764 verkondigers in Januarie was ’n vermeerdering van 14 persent. Gemeenteverkondigers het ’n gemiddelde van 13,6 uur, 7,4 herbesoeke en 1,6 Bybelstudies gehad.

♦ Suid-Afrika het in Januarie ’n hoogtepunt van 43 184 verkondigers gehad, ’n vermeerdering van 7 persent oor verlede jaar se gemiddelde.

♦ Trinidad het in Januarie ’n hoogtepunt van 5 116 verkondigers gehad, ’n vermeerdering van 9 persent.

♦ Venezuela se hoogtepunt van 40 001 verkondigers vir Januarie verteenwoordig ’n vermeerdering van 11 persent oor verlede jaar se gemiddelde.

♦ Zimbabwe het in Januarie ’n hoogtepunt van 15 935 verkondigers en ’n hoogtepunt van 15 206 Bybelstudies gehad.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel