Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/87 bl. 3
  • Sluit vergaderinge by jou vakansieplanne in

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sluit vergaderinge by jou vakansieplanne in
  • Ons Koninkryksbediening—1987
Ons Koninkryksbediening—1987
km 12/87 bl. 3

Sluit vergaderinge by jou vakansieplanne in

1 “Hoe kan ek die naaste Koninkryksaal opspoor noudat ek reëlings vir my vakansie getref het?” Ontstaan hierdie vraag soms wanneer jy ’n vakansie beplan? Baie vind dat hulle van hulle onvergeetlikste vakansieondervindings smaak wanneer hulle vergaderinge bywoon en saam met die plaaslike gemeente velddiens doen. Dit help hulle om hulle hart te “verruim”, met die gevolg dat hulle ’n groter waardering “vir die hele gemeenskap van broeders” het.​—2 Kor. 6:11-13; 1 Pet. 2:17, NW.

2 Jy reis dalk na plekke waar jy die plaaslike gemeente reeds ken omdat jy al vroeër daar besoek afgelê het. Maar hoe kan jy die naaste gemeente opspoor as jy nog nooit in daardie gebied was nie? Party plaaslike koerante verstrek moontlik die adres van die Koninkryksaal en ook die vergaderingtye. Die plaaslike telefoongids het dalk ’n inskrywing onder “Jehovah se Getuies”. Anders kan jy ’n polisieman, posbode of ’n ander goed ingeligte inwoner vind wat jou die pad na die Koninkryksaal kan beduie of jou kan help om met broers in die gemeenskap in verbinding te tree. Dit is raadsaam om die gemeente op te soek sodra jy in die gebied aankom.

3 Op die meeste plekke is vergaderingtye min of meer dieselfde. Hou egter in gedagte dat Koninkryksale op party plekke vergaderinge in verskillende tale het. As jy vooraf met die gemeente in verbinding tree, kan jy verseker dat die vergadering wat jy wil bywoon in jou taal is en kan jy hulp vra om by die saal uit te kom.

4 Vakansies bied ons die geleentheid om van ons sekulêre aktiwiteit weg te kom en ’n paar dae van ontspanning te geniet. Ons wil egter nie met vakansie gaan wat Jehovah se diens betref nie. Wanneer ons vergaderinge bywoon en velddiens doen saam met die gemeente waar ons ons vakansie geniet, kan ons spesiale verkwikking vir onsself vind en ’n bron van bemoediging vir die plaaslike broers wees.​—Hebr. 10:24, 25; 13: 15, 16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel