Teokratiese Nuus
♦ Die Koninkryksaal van die Nasaret-gemeente in Middelburg, Transvaal, is op 17 Mei 1987 toegewy. ’n Gehoor van 306, waaronder plaaslike hooggeplaastes, het aandagtig na die program geluister. Almal was baie beïndruk deur die netjiese ontwerp van die gebou en die aantrekiike dekor.
♦ Botswana het in Maart vir die eerste keer meer as 500 verkondigers gehad met 504 wat gerapporteer het. Hoogtepunte is ook in ure, tydskrifte, herbesoeke en Bybelstudies bereik.
♦ Brasilië het die derde land met meer as 200 000 verkondigers geword, met 205 577 wat in Maart gerapporteer het. Die 238 990 Bybelstudies wat gehou is, is bewys van voortdurende groei.
♦ Guadeloupe het vir die eerste keer meer as 5 000 verkondigers, met 5 038 wat in Maart gerapporteer het, ’n vermeerdering van 15 persent. Gemeenteverkondigers het gemiddeld 12,9 ure, 7,1 herbesoeke en 1,1 studies gerapporteer.
♦ Die tak op die Leeward-eilande het hoogtepunte van 807 verkondigers en 1 010 studies gerapporteer.