Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/87 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1987
Ons Koninkryksbediening—1987
km 5/87 bl. 3

Aankondigings

• Lektuuraanbod vir Mei: ’n Jaarintekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R9,00. Halfjaarlikse intekeninge is R4,50. Waar intekeninge van die hand gewys word, kan twee tydskrifte en ’n brosjure teen Rl,30 aangebied word. Junie: Enige kombinasie van die volgende sakformaatboeke teen ’n bydrae van Rl,00 elk: Waarheid, Woord van God, Is hierdie lewe en Goeie nuus (Engels: Jou jeug, Goeie nuus en Is hierdie lewe). As julle die volgende boeke in voorraad het, kan dit ook aangebied word as deel van die kombinasie-aanbod: Groot Onderwyser, Vrede en veiligheid (1973-uitgawe), “Nasies sal weet” en “Ewige voorneme” (Engels: Heilige gees, “Ewige voorneme”, Wêreldregering, Commentary on James en Vrede en veiligheid [1973-uitgawe]). Hierdie boeke moet nie van die Genootskap bestel word nie. Gemeentes kan krediet aanvra vir bogemelde boeke wat deur verkondigers en pioniers geneem word. Die pioniertarief vir hierdie boeke is 50c elk vir gewone en spesiale pioniers. Krediet van Rl,30 kan aangevra word vir boeke wat deur pioniers geneem word en 80c vir boeke wat deur verkondigers geneem word. Julie: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen R4,50. Klein uitgawe, R2,25. Augustus: Tydskrifgrootte-brosjure teen 50c. Bied enige van die volgende aan: Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, ek maak alles nuut” en Die regering wat die Paradys gaan bring, (Ontoegekende gebied: Enigeen van die aanbiedinge vir Julie en Augustus. Enige ouer sakformaatboeke wat vir Junie aangegee word, kan ook teen ’n bydrae van R1,00 elk aangebied word.)

• Gewone pioniers wat daarin belangstel om gedurende die ontoegekendegebied-kampanje te dien waar meer hulp nodig is en wat hulleself in groepe van nie minder nie as twee persone kan organiseer, kan onmiddellik aan die Genootskap skryf. Waar daar pioniers in gemeentes is, moet presiderende opsieners met hulle vergader en uitvind wie daarin belangstel. As hulle aan die vereistes voldoen, moet pioniers hulle aansoekbriewe deur die Dienskomitee laat teken voordat dit aan die Genootskap gestuur word.

• Nuwe publikasies beskikbaar:

Sing lofliedere voor Jehovah (Groot uitgawe)​—Italiaans, Portugees

Sing lofliedere voor Jehovah (Klein uitgawe)​—Italiaans

• Weer beskikbaar in Suid-Afrika:

Koninkryksmelodieë nr. 2

• Nuwe kassetopnames beskikbaar:

Spreuke (stel van twee; gemeente en publiek: R6,00; pioniers: R5,00)​—Engels

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel