Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Augustus: Een van die volgende brosjures met 32 bladsye teen ’n bydrae van 50c: Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Laat u Naam geheilig word”—Watter naam? of Die regering wat die Paradys gaan bring. September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R4,50. (Ontoegekende gebied: Enigeen van die aanbiedinge vir Julie tot September. Enige ouer sakformaatpublikasie kan ook vir R1,80 aangebied word.) Oktober: Intekening op Ontwaak! of Die Wagtoring of albei teen ’n bydrae van R6,50 elk vir ’n jaarintekening. November: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? teen ’n bydrae van R1,80.[Engels: New World Translation en Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? teen ’n bydrae van R8,20. Wanneer die 1981-uitgawe van die New World Translation saam met die Ware vrede en veiligheid-boek aangebied word, is die bydrae R7,20.])
• Vanaf September sal kringopsieners die openbare toespraak “Wêreldwye vooruitgang ondanks vervolging” hou. Dit sal ’n skyfievertoning wees.
• Sekretarisse moet die versendingsadres op gemeentelektuurfakture bevestig om terugsendings te vermy. As julle huidige versendingsadres verskil van die een op julle lektuurfakture moet julle die Genootskap dadelik skriftelik daarvan in kennis stel. Gebruik die S-36-vorm.
• Elke gemeente sal drie lektuurinventarisvorms ontvang en moet kampanjelektuur tel. Vul die vorms asseblief volledig in en stuur die oorspronklike nie later nie as 6 September 1986 aan ons. Hou ’n deurslag in julle lêers. Ons stuur ’n derde eksemplaar wat as ’n werkstaat gebruik kan word.
• Toe ons die rooster vir die Gemeentelike Boekstudieopgestel het, het ons probeer om slegs ’n sekere aantal bladsye per week toe te wys sodat al die tekste in die les in die Bybel nageslaan kan word. Ons wil die gebruik van die Bybel benadruk, en het dus minder bladsye by sekere lesse toegewys sodat alle tekste in die les deeglik gedek kan word.
• Ons is bly om julle in kennis te stel dat daar nou op Roodekrans ’n selfdienboekekamer soortgelyk aan die een by Bethel is. Almal word genooi om goed gebruik te maak van hierdie boekekamer wat gedurende hulle normale werkure oop sal wees, behalwe op die vyfde Saterdag van ’n maand. Let asseblief daarop dat voorrade slegs vir kontant verkry kan word.
• Wanneer eksemplare van die gewone uitgawe van die New World Translation vir die Bybelkampanje in November bestel word, moet gemeentes in gedagte hou dat die Genootskap slegs die gewone uitgawe van 1984 met kruisverwysings in voorraad het. Gemeentes wat nog ’n voorraad van die 1981-uitgawe het, moet probeer om dit van hulle rakke af te kry voordat die 1984-uitgawe gebruik word. As julle te veel van die ouer uitgawe in voorraad het, moet julle asseblief in aanraking kom met nabygeleë gemeentes wat dalk Bybels nodig het en reël om van julle voorraad na hulle oor te plaas.
• Ons het sowat 20 000 eksemplare van die boekie Onsigbare geeste—Help hulle ons? Of benadeel hulle ons? in Afrikaans in voorraad. Ons spoor gemeentes aan om hierdie boekie vroeg in Augustus te bestel sodat dit gedurende September in ontoegekende gebied gebruik kan word.
• Nuwe publikasies beskikbaar:
Georganiseer om ons bediening te vervul—Chichewa
Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe (Klein uitgawe)—Italiaans
Die regering wat die Paradys gaan bring—Goedjarati, Hindoe, Spaans
Is daar ’n God wat omgee?—Chichewa
Koninkryksnuus nr. 33—Italiaans
• Nuwe kassetopnames beskikbaar: Genesis (stel van vier; gemeente en publiek: R9.00; pioniers: R7.60)—Duits
Exodus (stel van drie; gemeente en publiek: R7.00; pioniers: R6,00)—Duits
Ezra, Nehemiah, Esther (stel van twee; gemeente en publiek: R5.00; pioniers: R4.30)—Duits
• Weer beskikbaar in Suid-Afrika:
Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe—Chichewa
• Uit voorraad in Suid-Afrika:
“Kyk! Ek maak alles nuut”—Afrikaans, Sotho, Xhosa