Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/86 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1986
Ons Koninkryksbediening—1986
km 5/86 bl. 7

Aankondigings

• Lektuuraanbod vir Mei: Ware vrede en veiligheid​—Hoe kan jy dit vind? teen ’n bydrae van Rl,80, indien beskikbaar. Kyk brief gedateer 14 Maart 1986 vir alternatiewe aanbod. Junie en Julie: Jy kan vir ewig in die Paradys up aarde lewe teen ’n bydrae van R4,50. Klein uitgawe kos R2,25. Augustus: Een van die volgende brosjures teen ’n bydrae van 50c: Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Laat u Naam geheilig word”​—Watter naam? of Die regering wat die Paradys gaan bring. (Ontoegekende gebied: Enigeen van die aanbiedinge vir Julie en Augustus. Enige ouer sakformaatpublikasie kan ook teen ’n bydrae van Rl,80 aangebied word.)

• Gemeentes moet slegs EEN lektuurbestel-vorm (S-14) per maand instuur. Op die oomblik stuur party gemeentes twee of drie S-14-vorms per maand. Kyk asselief paragraaf 6 van Cost List Instructions onder “Frequency of Orders”.

• Gewone pioniers wat daarin belangstel om gedurende die ontoegekendegebied-kampanje te dien waar daar hulp nodig is, en hulself in groepe van minstens twee persone kan organiseer, word daaraan herinner om dadelik aan die Genootskap te skryf. As daar pioniers in hulle gemeentes is, moet presiderende opsieners saam met hulle vergader en uitvind wie daarin belangstel. As pioniers aan die vereistes voldoen, moet die Dienskomitee hulle aansoekbriewe onderteken voordat dit aan die Genootskap gestuur word.

• Aangesien Redenering uit die Skrif nou in talle Diensvergaderingdele bespreek of na verwys word, stel ons voor dat almal die Redenering-boek gereeld saambring vergaderinge toe.

• Die Genootskap beskou telefoonnommers en adresse van gemeentelike opsieners as vertroulik. Sulke inligting sal slegs aan opsieners verstrek word wat met die Genootskap in verbinding tree oor dringende sake of in ’n noodgeval. Koninkryksaaladresse sal egter op versoek verstrek word. Ons sal graag pos met die regte hoeveelheid posseëls daarop aan enige verteenwoordiger van die Genootskap stuur, indien jy nie oor sy adres beskik nie. Tensy dit ’n noodgeval of ander belangrike aangeleenthede is, moet persoonlike oproepe aan die Bethelgesin asseblief na werkure gemaak word, aangesien die Genootskap se telefoonlyne gedurende die dag baie besig is.

• Nuwe publikasies beskikbaar:

Geluk​—Hoe om dit te vind​—Chinees, Frans

Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou​—Arabies, Chinees

Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe​—Japannees, Serwies

Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe (Klein uitgawe)​—Afrikaans, Chinees, Kwanyama

Oorlewing tot in ’n nuwe aarde​—Chinees

Redenering uit die Skrif​—Frans, Italiaans

Verenig in die aanbidding van die enigste ware God​—Chinees

Ware vrede en veiligheid​—Hoe kan jy dit vind?​—Duits, Portugees

1986 Yearbook​—Duits, Nederlands, Spaans

Die regering wat die Paradys gaan bring​—Chichewa, Shona, Silozi

• Weer in Suid-Afrika beskikbaar:

New World Translation of the Holy Scriptures (Luukse-uitgawe)​—Portugees

Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe​—Chinees, Pools

My Boek met Bybelverhale​—Japannees

In Search of a Father​—Engels

• Uit voorraad in Suid-Afrika:

Album met volledige Griekse Skrifte (18 kassette)​—Engels

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel