Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal in die Bybel, Bybelonderwerpe vir bespreking [tdAF], Teokratiese Bedieningskool-Handleiding [sgAF], Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe [peAF] en weeklikse Skrifgedeeltes wat gedek is deur toewysings vir die weke vanaf 3 November tot 22 Desember 1985.
[Let wel: Verwysings na die boeke sgAF, peAF en na tdAF aan die einde van ’n vraag mag slegs gebruik word nadat die hersiening klaar is. Die Bybel kan egter gebruik word om enige vraag te beantwoord.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. In die slot van ’n toespraak moet ’n mens altyd die tema van die toespraak in presies dieselfde woorde herhaal. [sgAF bl. 175 par. 2]
2. ’n Slot is die regte lengte as dit doeltreffend is en aan sy doel beantwoord. [sgAF bl. 177 par. 10]
3. Teen Salomo se dag (2 Kron. 5:10) was die kruik met manna en Aäron se staf blykbaar nie meer van nut nie. [Weeklikse Skrifgedeelte]
4. Die geval van koning Rehabeam (2 Kron. 12:12-14) lig toe dat ware berou met haat van die kwaad en liefde vir geregtigheid gepaard gaan. [Weeklikse Skrifgedeelte]
5. Volgens 2 Kronieke 16:14 is koning Asa veras. [Weeklikse Skrifgedeelte]
6. Asa se optrede in 2 Kronieke 16:1-6 was in werklikheid omkopery. [Weeklikse Skrifgedeelte]
7. Dit was vir Paulus maklik om te doen wat reg is nadat hy ’n Christen geword het. [peAF bl. 223 par. 15]
8. Die “profetering” in 1 Kronieke 25:1 (NW) was blykbaar mense wat lof- en dankliedere aan God gebring het terwyl hulle hulself met instrumentale musiek begelei het. [Weeklikse Skrifgedeelte]
Beantwoord die volgende vrae:
9. Waarom moet ons ’n kort verduideliking gee wanneer ons woorde soos “oorblyfsel”, “ander skape” en “Armageddon” in die veldbediening gebruik? [sgAF bl. 173 par. 4]
10. Wanneer is die slot van ’n toespraak swak? [sgAF bl. 176 par. 8]
11. Wat toon die duidelike gevolg as elke spreker op ’n Diensvergadering een minuut te lank praat? [sgAF bl. 178 par. 19]
12. Wat moet ’n persoon doen as hy senuweeagtig is wanneer hy begin praat? [sgAF bl. 183 par. 13]
13. Hoe kan broers hulle in ooreenstemming met 1 Timotheüs 3:1 beskikbaar stel? [sgAF bl. 190 par. 10]
14. Wat leer 2 Kronieke 19:6, 7 diegene wat die verantwoordelikheid het om te oordeel en raad te gee? [Weeklikse Skrifgedeelte]
15. Aan watter basiese vereiste moet ons voldoen as ons wil hê dat God ons gebede moet verhoor? [peAF bl. 228 par. 10]
Vul die ruimtes in die volgende stellings in:
16. ’n Persoon wat altyd die tydsbepaling oorskry, toon dat hy onbedagsaam teenoor ander is of gee blyk van ’n gebrek aan․․․․․․․. [sgAF bl. 178 par. 18]
17. Om ’n goed ingedeelde voordrag te hê, moet ’n spreker van die․․․․․․․ sy tyd dophou. [sgAF bl. 180 par. 29]
Onderstreep die korrekte antwoorde in die volgende stellings:
18. Wanneer die skoolopsiener die teken gee dat die tyd verstreke is, moet die student (die belangrikheid van sy materiaal in ag neem; in ag neem of die gehoor op daardie tydstip behoorlik aangespoor is; voel dat hy heel gepas sy sin kan voltooi). [sgAF bl. 179 par. 24]
19. Ofir (1 Kron. 29:4) is waarskynlik geleë in (Saoedi-Arabië; Palestina; Libanon). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF76 15/10 bl. 479]
20. Dit was tydens die (fees van ongesuurde brode; Pinksterfees; huttefees)dat koning Salomo die tempel vir Jehovah se aanbidding ingewy het (2 Kron. 5:3 7:7-10). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk pm bl. 53]
21. Die “Sagaria” waarvan daar in Mattheüs 23:35 gepraat word, is heel waarskynlik dieselfde persoon wat genoem word in (2 Kronieke 21:2; 2 Kronieke 24:20-22; 2 Kronieke 26:5). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ad bl. 1681 par. 22]
Paar die volgende tekste met die stellings hieronder af: Deut. 19:21; Jes. 1:15-17; Matt. 6:7; Matt. 20:28; Joh. 3:16
22. God verhoor nie die gebede van onregverdiges tensy hulle hul lewenswyse verander nie. [tdAF 14A]
23. God sal nie gebede verhoor wat bloot uit die herhaling van woorde bestaan nie. [tdAF 14C]
24. In plaas van ’n voorbeskikte toekoms te hê, moet elke individu besluit of hy God wil dien. [tdAF 43A]
25. Jesus het sy menslike lewe gegee as ’n losprys vir baie. [tdAF 37A]
26. Die gelyke van Adam was nodig om die losprys te betaal. [tdAF 37B]
Paar die volgende tekste met die stellings hieronder af:
1 Kron. 29:14, 16; Rom. 10:2, 3; Gal. 1:13, 14; Ef. 4:5, 13; 1 Tim. 2:9
27. Daar is net een ware geloof. [tdAF 22A]
28. Vroeë Christene het van godsdiens verander wanneer hulle vorige sienswyse verkeerd bewys is. [tdAF 22E]
29. ’n Godsdiens is nie goed as dit nie volgens God se wil is nie. [tdAF 22G]
30. Hierdie Skriftuurlike raad aangaande kleredrag is vandag vir Christenvroue gepas. [sgAF bl. 184 par. 17]
31. Mense kan Jehovah nie verryk nie, maar kan bloot ’n deeltjie teruggee van wat hulle ontvang het. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF79 1/8 bl. 10]
Paar die volgende tekste met die stellings hieronder af:
Gen. 21:9-12; Matt. 28:19; Hand. 15:37-40; 1 Kor. 7:10-16; 1 Joh. 3:14-16
32. Die feit dat twee Christene ’n skerp meningsverskil het, toon nie noodwendig dat hulle nie deel van God se organisasie is nie. [peAF bl. 233 par. 8]
33. Dit is eenvoudig onmoontlik om die waarheid te beoefen en terselfdertyd ons broers en susters op ’n liefdelose, onversoenlike manier te behandel. [peAF bl. 236 par. 16]
34. ’n Vrou kan haar menings lug selfs al verskil dit van haar man s’n. [peAF bl. 241 par. 12]
35. Die Bybel spoor ons aan om by ons huweliksmaat te bly en om skeiding nie as die maklike uitweg te beskou nie. [peAF bl. 248 par. 29]
36. Nadat ’n persoon hom aan God toegewy het, moet hy in water gedoop word om dit in die openbaar te bely. [peAF bl. 251 par. 5, 6]
Paar die plekke wat met A tot D op die kaart gemerk is, af met die gepaste beskrywings. Hierdie kaart is gebaseer op 2 Kronieke 20:1, 2. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ook wAF82 1/1 bl. 27; bi12 bl. 1646; Rbi8 bl. 1588.]
37. Edom․․․․․․․
38. Amnion․․․․․․․
39. Engedi․․․․․․․
40. Moab․․․․․․․