Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/85 bl. 5-8
  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1985
Ons Koninkryksbediening—1985
km 5/85 bl. 5-8

Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal in die Bybel, Bybelonderwerpe vir bespreking [tdAF], “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si], Teokratiese Bedieningskool-Handleiding [sgAF], Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe [peAF] en weeklikse Skrifgedeeltes wat gedek is deur toewysings vir die weke vanaf 5 Mei tot 23 Junie 1985.

[Let wel: Verwysings na die boeke si, sgAF, peAF en na tdAF aan die einde van ’n vraag mag slegs gebruik word nadat die hersiening klaar is. Die Bybel kan egter gebruik word om enige vraag te beantwoord.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. As jy te veel punte insluit wat niks tot die tema bydra nie, bou jy moontlik nie jou toespraak om enige kerngedagte nie.[sgAF bl. 134 par. 6]

2. Goeie visuele kontak met die gehoor behels ’n ritmiese beweging heen en weer sodat niemand misgekyk word nie. [sgAF bl. 139 par. 3]

3. Notas moet gebruik word om gedagtes te herroep, nie om hulle op te sê nie.[sgAF bl. 141 par. 16]

4. Soos uit 1 Konings 4:23 blyk, het die verbod op vet (Lev. 3:17) nie verbied dat skape of beeste vetgemaak is om geëet te word nie. [Weeklikse Skrifgedeelte]

5. Die samesteller van die betroubare inligting in 1 Konings is onbekend. [si bl. 64 par. 3]

6. Die profesie in 1 Konings 13:1-3 is nog nie vervul nie. [si bl. 68 par. 25]

7. Daar moes in Israel geen toevlugsoord vir die opsetlike moordenaar wees nie, nie eers die heilige brandofferaltaar nie (1 Kon. 2:28-34). [Weeklikse Skrifgedeelte]

8. Die “vrou” in Openbaring 12:1 is dieselfde as die “Jerusalem daarbo” in Galasiërs 4:26.[peAF bl. 117 par. 13]

Beantwoord die volgende vrae:

9. Wat is ’n goeie manier om die sleutelwoorde wat toegepas moet word na vore te bring wanneer tekste gelees en toegepas word? [sgAF bl. 128 par. 18]

10. Hoe kan jy vasstel of jy verstaan word? [sgAF bl. 132 par. 13]

11. Wat kan gedoen word om te verseker dat die tema werklik ingang vind gedurende ’n toespraak? [sgAF bl. 134 par. 4]

12. Wat is een bewys dat Jehovah Salomo se bede om wysheid verhoor het? (1 Kon. 3:9). [Weeklikse Skrifgedeelte]

13. Weens watter sonde is koning Jerobeam se huis nie permanent gevestig nie? [si bl. 66 pare. 13, 14]

14. Watter ernstige fout het Dawid in sy oudag begaan wat die lewens van 70 000 van sy volk geëis het? (2 Sam. 24:3, 4, 14, 15).[si bl. 63 par. 27]

15. Wat is een Bybelteks wat toon dat Christene belasting moet betaal? [peAF bl. 130 par. 13]

16. Wat moet jy doen as ’n “stem” uit die geesteryk met jou praat? [peAF bl. 96 par. 17]

17. Wat het Jesus bedoel toe hy gesê het dat sy Koninkryk “nie van hier” is nie? (Joh. 18:36).[peAF bl. 115 par. 8]

18. Wat het Salomo in sy oudag afvallig laat word? (1 Kon. 11:1-6). [Weeklikse Skrifgedeelte]

Vul die ruimtes in die volgende stellings in:

19. Een van die hoofmiddele waardeur jy jou gehoor kan help om te onthou wat jy sê, is om die belangrikste punte te ․․․․․․․ [sgAF bl. 130 par. 1]

20. Die gedagtes wat breedvoerig in jou toespraak ontwikkel word, word ․․․․․․․genoem. [sgAF bl. 135 par. 10]

21. Koning Agab het nog meer in afgodediens verdiep geraak as Jerobeam deur met die dogter van ’n vreemde priester te trou en ․․․․․․․-aanbidding in sy hoofstad, Samaria, in te stel. (1 Kon. 16:29-32). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk kj bl. 28 par. 17.]

22. Tartarus (2 Pet. 2:4, NW) verwys na ․․․․․․․[peAF bl. 95 par. 12]

23. Net soos liefdevolle ouers toelaat dat hulle kinders ’n pynlike operasie ondergaan om ’n probleem reg te stel, het God se ․․․․․․․ ’n goeie doel gedien. [peAF bl. 100 par. 4]

24. Die “suiwer taal” (Sef. 3:9, NW), wat almal moet leer wat lewe onder God se regering ontvang, is ․․․․․․․[peAF bl. 127 pare. 3-4]

Onderstreep die korrekte antwoorde in die volgende stellings:

25. Vermy (beskrywingsgebare; nadruksgebare; ’n herhaling van gebare) ten einde aanwensels in gebare te voorkom. [sgAF bl. 133 par. 19]

26. Die profesie in 1 Konings 14:15 is in (740 v.G.J.; 607 v.G.J.; 70 G.J.) vervul. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ms ble. 396-7.]

27. (Jeremia; Jesus; Petrus) het getoon dat Elia Johannes die Doper afgebeeld het. [si bl. 65 par. 5]

28. Eerste en Tweede Konings is omstreeks (607 v.G.J.; 580 v.G.J.; 537 v.G.J.) voltooi.[si bl. 69 par. 2]

Kies uit die volgende tekste die vier wat by die Stellings hieronder pas: Spr. 27:11; Pred. 1:4; Matt. 7:22, 23; 1 Kor. 14:22; 1 Tim. 5:23

29. Hierdie aarde sal nooit ontvolk of vernietig word nie. [tdAF IC]

30. Hoe Job se getroue handelwyse Jehovah laat voel het. [peAF bl. 108 par. 12]

31. Daar is geen bewys dat God vandag geloofsgenesing goedkeur nie. [tdAF 18C]

32. Talespraak was slegs ’n tydelike voorsiening, gegee as ’n teken. [tdAF 18D]

Kies uit die volgende tekste die vier wat by die stellings hieronder pas: Ps. 106:36, 40-42; Pred. 9:10; Luk. 16:22-24; Openb. 14:1, 3; Openb. 21:3, 4

33. Net 144 000 sal van die aarde af hemel toe gaan. [tdAF 25B]

34. Die Bybel se hel is nie ’n piek van letterlike pyniging nie. [tdAF 24B]

35. In die verhaal van die ryk man en Lasarus is die vuur net so min letterlik as Abraham se boesem. [tdAF 24E]

36. Beeldaanbidding is nie vir Christene nie, want dit bring ’n strik en vernietiging. [tdAF 3B]

Kies uit die volgende tekste die vier wat by die stellings hieronder pas: 2 Sam. 23:2; 1 Kon. 1:5, 6; Jes. 42:8; Joh. 3:13; 1 Tim. 2:5

37. “Betreklike” aanbidding is vir Jehovah onaanneemlik. [tdAF 3C]

38. Dawid het nie die eer vir sy geïnspireerde geskrifte geneem nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk hsAF bl. 62 par. 13.]

39. Dawid se seun Adonia het eiesinnig geword omdat Dawid versuim het om hom te tugtig. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk w72 15/12 bl. 740.]

40. Niemand wat voor Christus gesterf het, het hemel toe gegaan nie. [peAF bl. 121 par. 6]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel