Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Maart: Oorlewing tot in ’n nuwe aarde teen ’n bydrae van R1.40. April en Mei: Een van die ouer boeke teen Rl,40. Hier is die geleentheid vir gemeentes om hulle voorraad ouer publikasies uit te kry. Stel voor die tyd vas of julle genoeg boeke vir hierdie tydperk sal hê. Ons het ’n groot voorraad van die boeke Luister na die groot Onderwyser en Die waarheid wat lei tot die ewige lewe in Afrikaans. Ons sal dit op prys stel as julle ons kan help om die voorraad uit te kry. Maak seker dat julle ’n goeie voorraad vir die gemeente en vir die hulppioniers het.
• Die Gedenkmaal sal op Donderdag, 4 April 1985 gehou word. Die 1983-skets vir die Gedenkmaaltoespraak sal weer eens gebruik word. Onthou asseblief dat, hoewel die toespraak vroeër kan begin, die Gedenkmaalbrood en -wyn eers na sononder omgestuur mag word. Vind asseblief uit hoe laat die son plaaslik op 4 April ondergaan. Kringopsieners sal ook hulle rooster vir daardie week aanpas sodat slegs die Gedenkmaal op 4 April gehou sal word. Geen ander gemeentelike vergaderinge moet op daardie dag gehou word nie. Die Teokratiese Bedieningskool en Diensvergadering vir die week van 31 Maart moet gekanselleer word.
• BYBELLEESROOSTER VIR GEDENKMAAL: Ons wil almal weer eens aanmoedig om by die leesrooster te hou wat hier voorsien word ter voorbereiding van die Gedenkmaalviering. Dit sal goed wees as gesinne die materiaal saam kan lees. Almal moet hierdie rooster gebruik:
Saterdag, 30 Maart (9 Nisan)
Luk. 19:28-44 Sondag, 31 Maart (10 Nisan)
Luk. 19:45-48; Matt. 21:12-19 Maandag, 1 April (11 Nisan)
Luk. 20:1-26 Dinsdag, 2 April (12 Nisan)
Luk. 22:1-6; Jon. 12:2-8 Woensdag, 3 April (13 Nisan)
Luk. 22:7-13; Mark. 14:12-16 Donderdag, 4 April (14 Nisan)
• Ontoegekende gebied sal weer vanaf Julie tot September aandag geniet. Beplan om vanjaar ’n volle aandeel daarin te hê. Ons wil ons graag daarop toelê om belangstellendes te besoek met wie ons tydens vorige kampanjes in aanraking gekom het. Ons het al rapporte van 340 gemeentes vir die kampanje in 1984 ontvang; 78 rapporte is nog uitstaande. Die rapport toon dat 41,891 boeke, 44,893 boekies en 64,242 tydskrifte versprei is, 272 intekeninge verkry is, 25,577 herbesoeke gedoen is, 3,332 Bybelstudies gehou is en 178,090 uur aan hierdie diens bestee is. Wat ’n wonderlike getuienis is gelewer. Laat ons eensgesind op die oproep vir 1985 reageer!
• Die Bethelhuis en -fabriek sal op Saterdag, 30 Maart, gesluit wees sodat skoonmaakwerk gedoen kan word; daar sal dus op daardie dag geen toere wees nie.
• Nuwe publikasies beskikbaar:
Aid to Bible Understanding (Deel 35)—Italiaans
Oorlewing tot in ’n nuwe aarde —Frans
The Divine Name That Will Endure Forever—Frans
• Weer in Suid-Afrika beskikbaar:
Jerusalem Bible —Engels
“Make Sure of All Things; Hold Fast to What Is Fine” —Engels
Verenig in die aanbidding van die enigste ware God —Portugees
Bybelonderwerpe vir bespreking—Afrikaans
• Nuwe kassetopnames beskikbaar:
Judges, Ruth (stel van twee; gemeente en publiek: R4,50; pioniers: R3,75)—Engels