INHOUDSOPGAWE
WEEK VAN 29 OKTOBER 2018 – 4 NOVEMBER 2018
3 “As julle hierdie dinge weet, gelukkig is julle as julle dit doen”
Kennis beteken nie veel as dit nie gebruik word nie. Maar ons moet nederig wees om toe te pas wat ons leer. Hierdie artikel sal ons aanmoedig om nederig te bly deur Bybelvoorbeelde na te volg van persone wat vir alle soorte mense gepreek het, vir ander gebid het en op Jehovah gewag het om op te tree.
8 Ouer Christene — Jehovah waardeer julle lojaliteit
WEEK VAN 5-11 NOVEMBER 2018
12 Hou aan om ander in liefde op te bou
In hierdie moeilike tye is dit maklik om mismoedig te voel en oorweldig te word deur ons probleme. Jehovah en Jesus help ons om dit te hanteer. Maar ons almal het die verantwoordelikheid om mekaar te vertroos en aan te moedig. Hierdie artikel wys hoe ons mekaar in liefde kan opbou.
WEEK VAN 12-18 NOVEMBER 2018
17 Gelukkig is diegene wat “die gelukkige God” dien
Jehovah is ’n gelukkige God, en hy wil hê dat sy knegte ook gelukkig moet wees. Maar hoe kan ons gelukkig wees, al het ons probleme en gaan ons deur beproewinge in Satan se wêreld? Jesus het in sy Bergpredikasie vir ons raad gegee wat baie prakties is en wat ons kan help om vir altyd gelukkig te wees.
WEEK VAN 19-25 NOVEMBER 2018
23 Jehovah — Almagtig maar altyd bedagsaam
WEEK VAN 26 NOVEMBER 2018 – 2 DESEMBER 2018
28 Wees bedagsaam en liefdevol soos Jehovah
In ’n wêreld waar mense al hoe meer aan hulleself dink, word die Christengemeente deur liefde gekenmerk. Hierdie twee artikels bespreek een aspek van hierdie liefde — bedagsaamheid teenoor ander. Eerstens gaan ons sien hoe Jehovah ’n wonderlike voorbeeld daarin stel om bedagsaam teenoor ander te wees. Dan gaan ons kyk na ’n paar praktiese maniere waarop ons hom kan navolg.