Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w11 6/1 bl. 2-4
  • Wat beteken dit om in volslae armoede te lewe?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat beteken dit om in volslae armoede te lewe?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Ek het die regte loopbaan gekies
    Ontwaak!—2007
  • Gevangenes van armoede
    Ontwaak!—1998
  • Ek het die groei in Suider-Afrika gesien
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
w11 6/1 bl. 2-4

Wat beteken dit om in volslae armoede te lewe?

VOLSLAE armoede is lewensgevaarlik. Dit beteken dat ’n mens nie genoeg kos, water en brandstof en ook nie die nodige huisvesting, gesondheidsorg en opvoeding het nie. Dit raak eenmiljard mense, wat ongeveer gelykstaande is aan die hele bevolking van die Amerikas. Tog het die meeste mense in plekke soos Wes-Europa en Noord-Amerika nog nooit iemand geken wat in volslae armoede lewe nie. Kom ons ontmoet dus nou ’n paar van hulle.

Mbarushimana woon in Rwanda, Afrika, met sy vrou en vyf kinders. ’n Sesde kind het aan malaria gesterf. Hy sê: “My pa moes sy grond tussen ses van ons verdeel. My deel was so klein dat ek saam met my gesin na ’n dorp moes trek. Die werk wat ek en my vrou doen, is om sakke klip en sand te dra. Ons huis het geen vensters nie. Ons gaan haal water by ’n put by die polisiestasie. Ons eet gewoonlik een keer per dag, maar wanneer daar geen werk is nie, bly ons die hele dag sonder kos. Ek gaan uit wanneer dit gebeur—ek kan dit nie verdra om die kinders te hoor huil terwyl hulle vir kos vra nie.”

Victor en Carmen is skoenmakers. Hulle woon met hulle vyf kinders in ’n afgeleë dorp in Bolivia. Hulle huur een kamer in ’n vervalle rousteengebou met ’n lekkende sinkdak en geen elektrisiteit nie. Die skool is so vol dat Victor ’n lessenaar vir sy dogter moes maak sodat sy ’n sitplek kon hê. Die egpaar moet tien kilometer ver stap om vuurmaakhout te kap sodat hulle kos kan gaarmaak en drinkwater kan kook. “Ons het nie ’n toilet nie”, sê Carmen. “Daarom moet ons na die rivier toe gaan, waar mense ook bad en hulle rommel gooi. Die kinders word dikwels siek.”

Francisco en Ilídia woon in ’n plattelandse gebied in Mosambiek. Vier van hulle jong kinders lewe nog; nog een het aan malaria gesterf nadat ’n hospitaal hom nie vir behandeling opgeneem het nie. Die egpaar kweek genoeg rys en patats op hulle klein stukkie grond om kos vir drie maande te voorsien. Francisco sê: “Soms reën dit nie of diewe steel die oes, en daarom sny en verkoop ek bamboeslatte vir boudoeleindes sodat ek ’n bietjie geld kan verdien. Ons gaan tel ook vuurmaakhout in die bos op, wat twee uur se stap hiervandaan is. Ek en my vrou bring elk ’n vrag, een vir die week se kookwerk en een om te verkoop.”

Baie voel dat daar groot fout is met en iets onregverdigs is aan ’n wêreld waarin 1 uit elke 7 mense soos Mbarushimana, Victor en Francisco lewe, terwyl miljarde ander ongekende welvaart geniet. Party het iets daaraan probeer doen. Die volgende artikel bespreek hulle pogings en verwagtinge.

[Prent op bladsye 2, 3]

Carmen skep saam met twee van haar kinders water uit ’n rivier

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel