Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w11 3/1 bl. 23
  • Het jy geweet?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het jy geweet?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Die vroeë Christelike godsdiens en die Staat
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Bybelboek nommer 50—Filippense
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Deel 6—Die sesde wêreldmoondheid—Rome
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Bybelboek nommer 8—Rut
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
w11 3/1 bl. 23

Het jy geweet?

Wie was “dié van die huis van die keiser” wat Paulus gevra het om Christelike groete aan die Filippense te stuur?

▪ Die apostel Paulus het ongeveer 60 of 61 HJ vanaf Rome aan die Filippensiese gemeente geskryf, en die keiser wat hy gemeld het, was keiser Nero. Maar wie in Nero se huishouding sou aan die Christene in Filippi groete stuur?—Filippense 4:22.

Dit sou ’n fout wees om aan te neem dat die “huis van die keiser” noodwendig na die naaste familielede van die keiser verwys het. Dit het eerder almal in die keiser se diens ingesluit, onder meer slawe en vrygelatenes, in Rome sowel as die provinsies. “Die huis van die keiser” sou dus duisende knegte ingesluit het. Hulle het omgesien na verskeie verantwoordelikhede as bestuurders of knegte in die keiser se paleise en op sy landgoedere en eiendomme. Party het selfs ’n rol in die regering gespeel.

Sommige van die keiser se knegte in Rome het klaarblyklik Christene geword. Of dit as gevolg van Paulus se predikingswerk in Rome was, is nie bekend nie. Hoe dit ook al sy, hulle het blykbaar ’n spesiale belangstelling getoon in die gemeente in Filippi. Aangesien Filippi ’n Romeinse kolonie was waarin baie afgetrede soldate en regeringsbeamptes gewoon het, is dit moontlik dat party Christene wat daar gewoon het, vriende was van dié namens wie Paulus groete oorgedra het.

Wat was die swaershuwelik wat in die Mosaïese Wet gemeld word?

▪ As ’n man in eertydse Israel gesterf het sonder dat hy ’n seun gehad het, is daar verwag dat sy broer met die weduwee trou om ’n nageslag voort te bring om die dooie man se geslagslyn voort te sit (Genesis 38:8). Die reëling, wat later deel van die Mosaïese Wet geword het, het as swaershuwelik bekend gestaan (Deuteronomium 25:5, 6). Boas se optrede, soos opgeteken in die boek Rut, toon dat hierdie reëling ook op ander manlike familielede van die dooie man van toepassing was as al sy broers oorlede was.—Rut 1:3, 4; 2:19, 20; 4:1-6.

Die feit dat swaershuwelike in Jesus se dag aangegaan is, word getoon deur die Sadduseërs se woorde in Markus 12:20-22. Die eerste-eeuse Joodse geskiedkundige Flavius Josefus het gesê dat die gebruik nie net die familienaam bewaar het nie, maar ook verseker het dat eiendom in die familie bly en dat daar vir die weduwee voorsiening gemaak word. Destyds het ’n vrou geen erfreg op haar man se eiendom gehad nie. Maar ’n kind wat uit ’n swaershuwelik gebore is, het die reg op die erfbesitting van die afgestorwe man gehad.

Volgens die Wet kon ’n familielid weier om ’n swaershuwelik aan te gaan. Maar as ’n man geweier het om ‘sy broer se huis op te bou’, is dit as ’n skande beskou.—Deuteronomium 25:7-10; Rut 4:7, 8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel