Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w10 12/1 bl. 3
  • Iemand is daar buite—Maar wie?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Iemand is daar buite—Maar wie?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Wie lewe in die geesteryk?
    Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?
  • Visioene van die geesteryk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Is daar lewe ná die dood?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Wie woon in die geesteryk?
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
w10 12/1 bl. 3

Iemand is daar buite—Maar wie?

In Europa gaan ’n bejaarde vrou in ’n kerk in, met ’n bidsnoer in die hand, en kniel sy eerbiedig voor ’n beeld van Maria. In Afrika gooi ’n gesin jenewer uit by die graf van ’n gerespekteerde familielid. In die Amerikas vas en mediteer ’n jong man, in die hoop dat hy in aanraking sal kom met wat hy glo sy beskermengel is. In Asië verbrand ’n priester kleurvolle papiervoorwerpe as ’n offergawe aan voorvaderlike geeste.

WAT het hierdie mense in gemeen? Hulle almal glo dat daar intelligente wesens in die geesteryk is met wie mense in aanraking kan kom en wat ’n groot uitwerking op mense se lewe kan hê. Hierdie opvatting is natuurlik nie nuut of verbasend nie. Wat wel verbasend is, is dat daar soveel teenstrydige idees is oor wie in die geesteryk woon.

Moslems aanbid een God—Allah.a In die Christendom sê mense dat God ’n Drie-eenheid is, wat bestaan uit God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Hindoes glo in die bestaan van meer as duisend gode en godinne. Ander sê dat geeste in sekere diere, bome, rotse en strome woon. Nog ander word deur boeke, rolprente en televisieprogramme oor engele en demone, spoke en hekse, gode en godinne beïnvloed.

Net soos daar baie verskillende en teenstrydige idees oor gode is, is daar ook baie verskillende en teenstrydige idees oor hoe om hulle te nader. Dit is logies dat nie alle metodes reg kan wees nie. Dink so daaraan: Voordat ons ’n oproep maak, moet ons weet wie ons bel en moet ons die vertroue hê dat die persoon werklik bestaan en na ons sal luister. Om met ’n denkbeeldige persoon in aanraking te probeer kom, sal sinloos wees. Nog erger, om met ’n bedrieër in aanraking te kom, kan gevaarlik wees.

Wie woon dan in werklikheid in die geesteryk? Die Bybel beantwoord nie net hierdie vraag nie, maar verduidelik ook met wie ons moet kommunikeer en watter reaksie om te verwag. Lees verder. Jy sal dalk verbaas wees oor wat die Bybel openbaar.

[Voetnoot]

a “Allah” is nie ’n naam nie, maar beteken eenvoudig “God”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel