Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w10 11/15 bl. 23
  • ‘Die dinge wat hy gedoen het, het saam met hom gegaan’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Die dinge wat hy gedoen het, het saam met hom gegaan’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Nog ’n mylpaal in Bybelonderrig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • ’n Spesiale Aankondiging
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Meer sendelinge vir die wêreldoes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Verligting van hongersnood is op pad!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
w10 11/15 bl. 23

‘Die dinge wat hy gedoen het, het saam met hom gegaan’

THEODORE JARACZ, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, het Woensdagoggend 9 Junie 2010 sy aardse loopbaan voltooi. Hy was 84 jaar oud en word oorleef deur sy vrou Melita, met wie hy 53 jaar lank getroud was. Ander agtergeblewenes sluit ’n suster sowel as ’n neef en twee niggies in.

Broer Jaracz is op 28 September 1925 in Pike County, Kentucky, VSA, gebore en het sy toewyding aan Jehovah op 10 Augustus 1941 op 15-jarige ouderdom gesimboliseer. Twee jaar later, toe hy 17 was, het hy ’n gewone pionier geword, en dít was die begin van sy lang loopbaan van byna 67 jaar in die voltydse diens.

In 1946, toe broer Jaracz 20 was, het hy die sewende klas van die Wagtoring-Bybelskool Gilead bygewoon. Nadat broer Jaracz gegradueer het, het hy die toewysing ontvang om as ’n reisende opsiener in Cleveland, Ohio, in die Verenigde State, te dien. In 1951 is hy as die takkneg van die takkantoor in Australië aangestel. Die 1983 Yearbook of Jehovah’s Witnesses het gesê dat broer Jaracz “die broers oral in die land baie aangemoedig het deur sy ywer vir teokratiese orde en sy goeie leiding in die veld”.

Nadat broer Jaracz na die Verenigde State teruggekeer het, het hy op 10 Desember 1956 met Melita Lasko getrou. Hulle het hulle getroude lewe in die reisende werk begin en kringe en streke oor ’n groot deel van die Verenigde State ywerig bedien. Aan die einde van 1974 is broer Jaracz genooi om ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies te word.

Broer Jaracz sal lank onthou word as ’n toegewyde en lojale kneg van Jehovah wat hom heelhartig op teokratiese bedrywighede toegespits het. Hy was ’n liefdevolle en besorgde huweliksmaat en ’n geestelike mens wat die belange van ander bo sy eie gestel het (1 Kor. 13:4, 5). Hierdie opregte belangstelling in ander het geblyk uit die feit dat hy baie graag wou hê dat almal regverdig en barmhartig behandel moet word. Sy ywer in die veldbediening het ook sy eindelose liefde en besorgdheid oor mense weerspieël.

Hoewel ons baie bedroef is oor die verlies van ’n hardwerkende, geliefde lid van die Bethelgesin en die wêreldwye broederskap, is ons verheug oor broer Jaracz se baie dekades van lojale diens aan Jehovah. Ons is vol vertroue dat hy ‘selfs tot in die dood getrou was en die kroon van die lewe ontvang het’ (Op. 2:10). Ons is ook seker dat ‘die dinge wat hy gedoen het, saam met hom gegaan het’.—Op. 14:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel